OPENBARING 11

Die twee getuies.

1 EN’n riet soos ’n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God endie altaar en die wat daarin aanbid.

2 Maardie voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aandie heidene gegee; en hulle sal die heilige stadtwee-en-veertig maande lank vertrap.

3 En Ek sal aan mytwee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed,duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.

4 Hulle isdie twee olyfbome endie twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.

5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daarvuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.

6 Hulle het magom die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters,om dit in bloed te verander enom die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.

7 En wanneer hulle hulgetuienis voleindig het,sal die dier wat uitdie afgrond opkom,teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;

8 en hulle lykesal lêop die straat vandie groot stad wat geestelik genoem wordSodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.

9 En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ’n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.

10 Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdatdié twee profetedie bewoners van die aarde gepynig het.

11 En ná die drie en ’n halwe dag het ’ngees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ’n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.

12 En hulle het ’n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemelin die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.

13 En in dié uur het daar ’n groot aardbewing gekom, en’n tiende van die stad het geval, en seweduisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword enaan die God van die hemelheerlikheid toegebring.

14 Die tweede wee het verbygegaan; kyk, die derde kom gou.

Die sewende basuin.

15 ENdie sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê:Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en vansy Christus, enHy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

16 Endie vier-en-twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid

17 en gesê: Ons dank U, Here God, Almagtige,wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.

18 En die nasies was vertoornd, en utoorn het gekom endie tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.

19 Endie tempel van God het in die hemel oopgegaan, ensy verbondsark is in sy tempel gesien, en daarwas weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

OPENBARING 12

Die vrou en die draak.

1 EN ’n groot teken het in die hemel verskyn: ’n vrou wat met die son bekleed was, endie maan was onder haar voete, en op haar hoof ’n kroon van twaalf sterre;

2 ensy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.

3 En ’n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ’n groot vuurrooidraak met sewe koppe entien horings, en op sy koppe sewe krone;

4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep enhulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar,sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.

5 En sy het ’n manlike kind gebaar,wat al die nasies met ’n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ’n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhouduisend-tweehonderd-en-sestig dae lank.

7 En daar het oorlog in die hemel gekom:Mígael en sy engele het oorlog gevoer teendie draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;

8 en hulle kon nie oorwin nie, enhulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.

9 En die groot draakis neergewerp, die ouslang wat genoem word duiwel enSatan,wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.

10 Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag endie koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hywat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

11 Enhulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam endeur die woord van hulle getuienis, enhulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon;wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hydie vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;

14 maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word,’n tyd en tye en ’n halwe tyd.

15 En die slang het uit sy bek water soos ’n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.

16 En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.

17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaanom oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar endie getuienis van Jesus Christus hou.

Die dier wat uit die see opkom.

18 EN ek het op die sand van die see gaan staan.

OPENBARING 13

1 EN ek het’n dier uit die see sien opkom metsewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ’n naam van godslastering.

2 En die dier wat ek gesien het, wassoos ’n luiperd, en sy pote soos dié van ’nbeer, en sy bek soos die bek van’n leeu; endie draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees.En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

5 En’n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dittwee-en-veertig maande lank te doen.

6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.

8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid,almalwie se name nie van die grondlegging van die wêreld af indie boek van die lewevan die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.

9 As iemand ’n oor het, laat hom hoor.

10 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap;as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word.Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.

Die dier wat uit die aarde opkom.

11 ENuit die aarde het ek’n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehadnet soos ’n lam en het gepraat soos ’n draak.

12 En hy oefenal die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid,waarvan die dodelike wond genees is.

13 Hy doen ook groot tekens,sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.

14 En hyverlei die bewoners van die aardedeur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ’n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.

15 En dit is hom gegee om ’n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word watdie dier se beeld nie aanbid nie.

16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’nmerk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier ofdie getal van sy naam het.

18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit isdie getal van ’n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.

OPENBARING 14

Die Lam en sy vrygekooptes op die berg Sion.

1 EN ek het gesien, en kyk,die Lam staan opdie berg Sion, en saam met Homhonderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.

2 En ek het ’n geluid uit die hemel gehoorsoos die geluid van baie waters en soos die geluid van ’n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor vansiterspelers wat speel op hulle siters.

3 En hulle het’n nuwe lied gesing voor die troon en voordie vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend wat van die aarde vrygekoop is.

4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, wanthulle is maagdelik rein;dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense aseerstelinge vir God en die Lam.

5 Enin hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle issonder gebrek voor die troon van God.

Die engele wat die oordeel van God aankondig.

6 EN ek het ’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

7 En hy het met ’n groot stem gesê: Vrees God engee Hom heerlikheid, want die uurvan sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

8 En ’n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval hetBabilon,die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

9 En ’n derde engel het hulle gevolg en met ’n groot stem gesê: As iemanddie dier en sy beeld aanbid en’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,

10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God watongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy salgepynig word metvuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

11 Endie rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, enhulle het dag en nag geen rus nie — hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier ishulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

13 En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê:Skryf — salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees,sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.

Die graanoes en die wynoes.

14 EN ek het gesien, en kyk, daar was ’n wit wolk en eensoos ’n Menseseun wat op die wolk sit, met ’n goue kroon op sy hoof en in sy hand ’n skerp sekel.

15 En ’n ander engel hetuit die tempel gekom en met ’n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaanu sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.

16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.

17 En ’n ander engel hetuitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ’n skerp sekel gehad;

18 en ’n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uitdie altaar uitgekom en met ’n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in,want sy druiwe het ryp geword.

19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi indie groot parskuip van die grimmigheid van God.

20 Endie parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl ver.

OPENBARING 15

Sewe engele en sewe skale, of die laaste plae.

1 EN ek het’n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik:sewe engele met die sewe laaste plae, wantdaarmee is die grimmigheid van God voleindig.

2 En ek het gesien iets soos’n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oordie dier en oorsy beeld enoor sy teken, oordie getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan,met siters van God.

3 En hulle hetdie lied gesing van Moses, die dienskneg van God, endie lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige;regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!

4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen isheilig; wantal die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.

5 En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk,die tempel vandie tent van die getuienisin die hemel is geopen.

6 Endie sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom,bekleed met rein, blink linne,en om die bors omgord met goue gordels.

7 En een vandie vier lewende wesens het aan die sewe engele sewegoue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.

8 Endie tempel het vol rook geworduit die heerlikheid van God en uit sy krag, enniemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

OPENBARING 16

1 EN ek het ’n groot stem uit die tempel aandie sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skalevan die grimmigheid van God op die aarde uit.

2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaalop die aarde uit, en kwaai en boseswere het aan die mense gekomwat die merk van die dier gehad het ensy beeld aanbid het.

3 En die tweede engel het sy skaalop die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ’n dooie, enal die lewende wesens in die see het gesterwe.

4 En die derde engel het sy skaal uitgegooiop die riviere en op die waterfonteine, endit het bloed geword.

5 En ek het die engel van die waters hoor sê:Regverdig, Here, is Uwat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;

6 want hulle het die bloed vanheiliges en profete vergiet, enU het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.

7 Enek het ’n ander een uitdie altaar hoor sê: Ja,Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.

8 En die vierde engel het sy skaalop die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.

9 En die mense is geskroei met ’n groot hitte, en hulle hetdie Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, enhulle het hul nie bekeerom Hom heerlikheid te gee nie.

10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi opdie troon van die dier, ensy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;

11 en hullehet die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oorhulle swere, en hethulle nie bekeer van hul werke nie.

12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooiop die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodatdie pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.

13 En ek het uit die bek vandie draak en uit die bek vandie dier en uit die mond van dievalse profeet drie onreine geestesoos paddas sien kom.

14 Want dit is geeste van duiwelswat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld,om hulle te versamel vir die oorlog vandaardie groot dag van die almagtige God.

15 Kyk, Ek komsoos ’n dief.Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.

16 Enhulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem wordArmagéddon.

17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ’n groot stem hetuit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ’n groot aardbewing gekomsoos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie — so ’n geweldige groot aardbewing.

19 Endie groot stad isin drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God,om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

20 Enalle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;

21 engroot hael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mensehet God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

OPENBARING 17

Val van Babilon. Gesig van die groot hoer wat deur die dier verlei is.

1 ENeen vandie sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel vandie groot hoerwat op die baie waters sit,

2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde hetdronk geword van die wyn van haar hoerery.

3 En hy het myin die gees weggevoer na ’n woestyn, en ek het ’n vrou sien sit op ’n skarlakenrooi dier,vol godslasterlike name,met sewe koppe en tien horings.

4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierdmet goud en kosbare stene en pêrels, ensy het in haar hand ’n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;

5 en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe:Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

6 En ek hetdie vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed vandie getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

7 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal joudie verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.

8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, ensal uit die afgrond opkom en nadie verderf vaar; en die bewoners van die aardewie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

9 Hierkom die verstand wat wysheid het, te pas.Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.

10 En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ’n kort tydjie bly.

11 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.

12 Endie tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.

13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.

14 Hullesal teen die Lam oorlog voer, endie Lam sal hulle oorwin — want Hy isdie Here van die here endie Koning van die konings — en diewat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.

15 En hy sê vir my:Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.

16 Endie tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak ennaak, enhaar vlees eet enhaar met vuur verbrand.

17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, enhulle heerskappy aan die dier te geetotdat die woorde van God volbring is.

18 En die vrou wat jy gesien het, isdie groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.

OPENBARING 18

Val van Babilon. Klaagtone op die aarde.

1 EN ná hierdie dinge het ek’n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, endie aarde is verlig deur sy heerlikheid.

2 En hy het met ’n groot stem kragtig uitgeroep en gesê:Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste en ’n versamelplek vanallerhande onreine en haatlike voëls,

3 omdatal die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, endie konings van die aarde met haar gehoereer het, endie handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.

4 En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê:Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, enGod het haar ongeregtighede onthou.

6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke.Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.

7 Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê:Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie —

8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; enmet vuur sal sy verbrand word, wantsterk is die Here God wat haar oordeel.

9 Endie konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, saloor haar ween en oor haar weeklaagwanneer hulle die rook van haar verbranding sien,

10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê:Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!

11 Endie handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie,

12 koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer

13 en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe enmensesiele.

14 En die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie.

15 Die handelaars in hierdie dinge,wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe en sê:

16 Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!

17 En elkestuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan

18 en het uitgeroep toe hulle die rook van haar verbranding sien, en gesê:Watterstadis soos die groot stad?

19 Enhulle het stof op hul hoofde gegooi enonder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!

20 Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdatGod julle oordeel aan haar voltrek het!

21 En een sterk engelhet ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê:So, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.

22 Endie stem van siterspelers ensangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie, en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie, endie geluid van die meul sal nooit meer in jou gehoor word nie.

23 En die lig van ’n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, endie stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; wantjou handelaars was die grotes van die aarde; wantdeur jou towery is al die nasies verlei.

24 Endie bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en vanalmal wat op die aarde gedood is.

OPENBARING 19

Val van Babilon. Vreugde en oorwinningslied in die hemel.

1 EN ná hierdie dingehet ek iets soos ’n groot stem van ’n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja,die heil endie heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!

2 Wantsy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy hetdie groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, enHy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.

3 En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! Enhaar rook gaan op tot in alle ewigheid.

4 Endie vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê:Amen, Halleluja!

5 En ’n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, alsy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!

6 En ek het iets gehoor soosdie stem van ’n groot menigte ensoos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.

7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, wantdie bruilof van die Lam het gekom ensy vrou het haar gereed gemaak.

8 Enaan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

9 Toe sê hy vir my: Skryf —salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my:Dit is die waaragtige woorde van God.

10 Enek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê:Moenie! Ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broederswat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Wantdie getuienis van Jesus isdie gees van die profesie.

Oorwinning van Christus oor die dier en die valse profeet.

11 TOE het ekdie hemel geopend gesien; en daar was’n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoemGetrou enWaaragtig, enHy oordeel en voer oorlog ingeregtigheid.

12 Ensy oë was soos ’n vuurvlam, enop sy hoof was baie krone; en Hy het ’n Naam wat geskrywe is,wat niemand ken nie, behalwe Hy self.

13 En Hy was bekleed met’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is:Die Woord van God.

14 En die leërs in die hemel het Hom gevolgop wit perde, bekleedmet wit en rein fyn linne.

15 Enuit sy mond gaan daar ’n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; enHy sal hulle met ’n ysterstaf regeer, enHy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.

16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is:Die Koning van die konings en die Here van die here.

17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ’n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg:Kom hierheen en versamel julletot die maaltyd van die grote God,

18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees vanowerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.

19 En ek hetdie dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien,om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.

20 En die dier is gevange geneem, en saam met homdie valse profeet wat die tekensin sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlleverlei hetwat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het.Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.

21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan vanHom wat op die perd sit; enal die voëls is versadig van hulle vlees.

OPENBARING 20

Die Satan duisend jaar gebind. Die gelowiges heers saam met Christus.

1 EN ek het ’n engel uit die hemel sien neerdaal,met die sleutel van die afgrond en ’n groot ketting in sy hand.

2 En hy hetdie draak gegryp —die ou slang wat die duiwel en die Satan is — en hyhet hom gebind duisend jaar lank,

3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit endit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ’n kort tydjie ontbind word.

4 En ek hettrone gesien, en hulle het daarop gaan sit, enaan hulle is die oordeel gegee; enek hetdie sielegesienvan die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en diewat die dier ensy beeld nie aanbid het nie, endie merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef enas konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit isdie eerste opstanding.

6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle hetdie tweede dood geen mag nie, maar hullesal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Homas konings regeer duisend jaar lank.

Die Satan word losgemaak en vir altyd oorwin.

7 EN wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satanuit sy gevangenis ontbind word;

8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is,die Gog en die Magog,om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.

9 Enhulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges endie geliefde stad omsingel, envuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.

10 En die duiwel wat hulle verlei het,is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

Die laaste oordeel.

11 EN ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesigdie aarde en die hemel weggevlug het; endaar is geen plek vir hulle gevind nie.

12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, endie boeke is geopen; en ’n ander boek,die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is,volgens hulle werke.

13 En die see het die dode gegee wat daarin was, endie dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.

14 Endie dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit isdie tweede dood.

15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.