GÉNESIS 42

Die broers van Josef in Egipte.

1 TOEJakob merk dat daar koring in Egipte was, het Jakob aan sy seuns gesê: Wat kyk julle so na mekaar?

2 En hy sê: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie.

3 Daarop het tien van Josef se broers afgetrek om koring uit Egipte te koop.

4 Maar Benjamin,die broer van Josef, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gedink:Altemit kan ’n ongeluk hom oorkom.

5 So het die seuns van Israel dan gekom om koring te koop onder diegene wat daar aangekom het; want daar was hongersnood in die land Kanaän.

6 En Josef was die maghebberoor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hullevoor hom met die aangesig na die aarde gebuig.

7 Sodra Josef sy broers sien, het hy hulle herken maar hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: Waar kom julle vandaan? En hulle antwoord: Uit die land Kanaän om voedsel te koop.

8 En Josef het sy broers herken, maar húlle het hom nie herken nie.

9 Toedink Josef aan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk waar die land oop is.

10 Maar hulle het hom geantwoord: Nee, my heer, maar u dienaars het gekom om voedsel te koop.

11 Ons is almal seuns van een man, ons is eerlike mense; u dienaars is geen spioene nie.

12 Toe sê hy vir hulle: Nee, maar julle het gekom om te kyk waar die land oop is.

13 En hulle antwoord: U dienaars is twaalf in getal, ons is broers, seuns van een man in die land Kanaän; en kyk, die jongste is nou by ons vader, maar die eenis daar nie meer nie.

14 Toe sê Josef vir hulle: Dit is wat ek julle gesê het: Julle is spioene!

15 Hieraan sal julle getoets word:so waar as Farao leef, julle sal hiervandaan nie trek tensy dat julle jongste broer hierheen kom nie.

16 Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan haal, maar júlle moet in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets word, of die waarheid by julle is of nie. So waar as Farao leef, julle is spioene!

17 Daarop het hy hulle saam drie dae lank in bewaring laat hou.

18 En op die derde dag sê Josef vir hulle: Doen dit, dan sal julle lewe;ek vrees God!

19 As julle eerlike mense is, laat een van julle broers gevange bly in die huis waar julle in bewaring is; maar gaan júlle, bring die koring vir die honger van julle huisgesinne weg,

20 enbring julle jongste broer na my toe — dan sal julle woorde waar gemaak word, en julle sal nie sterwe nie. En hulle het so gedoen.

21 Toe sê hulle vir mekaar: Voorwaar,ons boet nou vanweë ons broer, omdat ons die benoudheid van sy siel gesien het toe hy ons gesmeek het en ons nie geluister het nie — daarom kom hierdie benoudheid oor ons.

22 Daarop antwoord Ruben hulle:Het ek nie vir julle gesê nie: Besondig julle nie aan die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. Kyk, so word dan ook sy bloedgeëis.

23 En hulle het nie geweet dat Josef dit verstaan nie, want daar was’n tolk tussen hulle.

24 Toe draai hy hom van hulle af weg en ween. Daarna het hy na hulle teruggegaan en met hulle gespreek; en hy het Símeon onder hulle uitgeneem en hom voor hulle oë gebind.

25 Daarop gee Josef bevel om hulle sakke vol koring te maak en elkeen se geld weer in sy sak te sit en om aan hulle padkos vir die reis saam te gee. En so is aan hulle gedoen.

26 En hulle het die koring op hulle esels gelaai en daar weggetrek.

27 En toe dieeen sy sak oopmaak om sy eselin die herberg voer te gee, sien hy sy geld; en kyk, dit was somaar bo in sy sak!

28 En hy sê vir sy broers: My geld is teruggegee; hier lê dit dan ook in my sak! Toe het hulle hart hul begewe, en hulle draai verskrik na mekaar toe en sê: Wat het God ons nou aangedoen?

29 En hulle het by hul vader Jakob in die land Kanaän gekom en hom alles vertel wat hulle wedervaar het en gesê:

30 Die man, die heer van die land, het ons hard aangespreek en ons vir spioene van die land gehou.

31 Maar ons het aan hom gesê: Ons is eerlike mense, ons is geen spioene nie.

32 Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is daarnie meer nie, en die jongste is nou by ons vader in die land Kanaän.

33 Daarop het die man, die heer van die land, aan ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlike mense is — laat een van julle broers by my bly; en neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg,

34 en bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlike mense is, sal ek julle broer aan julle teruggee, en julle mag in die landrondtrek.

35 En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondeltjie geld daar in sy sak! En toe hulle hul bondeltjies geld sien, hulle en hul vader, was hulle bevrees.

36 Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my!

37 Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: U kanmy twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe, en ék sal hom na u terugbring.

38 Maar hy sê: My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sybroer is dood, en hy het alleen oorgebly; en as’n ongeluk hom oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal jullemy grys hare met kommer in die doderyk laat afdaal.

GÉNESIS 43

1 EN die hongersnood was swaar in die land.

2 En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer ’n bietjie voedsel.

3 Toe het Juda hom geantwoord: Die man het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: Julle sal my aangesig nie sien as jullebroer nie by julle is nie.

4 As u ons broer saam met ons stuur, sal ons aftrek en vir u voedsel koop;

5 maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het aan ons gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.

6 Toe sê Israel: Waarom het julle so verkeerd teen my gehandel deur die man te vertel dat julle nog ’n broer het?

7 En hulle antwoord: Die man het uitdruklik na ons en ons familie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog ’n broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee volgens hierdie woorde. Kon ons dan ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af?

8 Daarop sê Juda aan sy vader Israel: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie sterwe nie — ons en ook u en ons kinders nie.

9 Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis.As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan.

10 Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was ons nou al twee maal terug.

11 Toe het Israel, hulle vader, vir hulle gesê: As dit so is, doen dan dit: neem van die opbrings van die land in julle sakke en bring vir die man ’n geskenk af — bietjiebalsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels;

12 en neem dubbel soveel geld met julle saam en bring die geldwat weer bo in julle sakke gesit is, met julle saam terug. Miskien was dit ’n vergissing.

13 En neem julle broer — maak julle klaar en gaan terug na die man.

14 En magGod, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! En ek — as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof.

15 Daarop neem die manne dié geskenk, en hulle neem dubbel soveel geld saam met hulle en ook Benjamin, en hulle het klaargemaak en na Egipte afgetrek en voor Josef gaan staan.

16 Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan dieopsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet.

17 En die man het gedoen soos Josef beveel het, en die man het die manne in die huis van Josef gebring.

18 En die manne het gevrees, omdat hulle in die huis van Josef gebring is, en gesê: Ter wille van die geld wat die vorige keer in ons sakke teruggekom het, word ons ingebring om ons te oorrompel, ons te oorval en ons as slawe te neem, saam met ons esels.

19 Daarom het hulle nader gekom na die man wat oor die huis van Josef was, en met hom gespreek by die ingang van die huis

20 en gesê: Ag, my heer,ons het die vorige keer net afgetrek om voedsel te koop,

21 maartoe ons in die herberg kom en ons sakke oopmaak, was elkeen se geld bo in sy sak — ons geld volgens sy gewig — en ons het dit saam met ons teruggebring.

22 Ons het ook ander geld saam met ons afgebring om voedsel te koop. Ons weet nie wie ons geld in ons sakke gesteek het nie.

23 Toe antwoord hy: Vrede vir julle! Moenie bang wees nie! Julle God en die God van julle vader het julle ’n skat in jul sakke gegee. Julle geld het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle uitgebring.

24 En die man het die manne in die huis van Josef gebring enwateraan hullegegee, en hulle het hul voete gewas; hy het ook hulle esels voer gegee.

25 En hulle het diegeskenk reggemaak teen dat Josef die middag sou kom, want hulle het gehoor dat hulle daar brood sou eet.

26 Toe Josef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle voor homneergebuig na die aarde toe.

27 En hy het hulle na hul welstand gevra en gesê: Gaan dit goed met julle ou vadervan wie julle gespreek het? Leef hy nog?

28 En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig.

29 Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin,die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer van wiejulle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag God jou genadig wees, my seun!

30 En Josef het gou gemaak, wantsy binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan en daar geween.

31 Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en hombedwing en gesê: Bring die ete op!

32 Toe bring hulle dit vir hom besonders op en vir hulle besonders en vir die Egiptenaars wat by hom eet, besonders; want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs eet nie, omdat dit vir die Egiptenaars ’ngruwel is.

33 En hulle het gaan sit volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne mekaar verbaas aan.

34 Hierop het hy aan hulleporsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan; maar die porsie van Benjamin wasvyf maal groter as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en saam met hom vrolik geword.

GÉNESIS 44

1 TOE gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak;

2 en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.

3 Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels.

4 Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde?

5 Is dit nie die ding waaruit my heer drink en waarmee hy altyd waarneem nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het.

6 En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan hulle meegedeel.

7 Toe sê hulle vir hom: Waarom spreek my heer sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen.

8 Kyk,geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän aan u teruggebring — hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel?

9 Dié een van u dienaars by wie dit gevind word,moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees.

10 Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal vry wees.

11 Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak.

12 En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.

13 Toeskeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.

14 En Juda het saam met sy broers in die huis van Josef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor homneergeval op die grond.

15 Daarop sê Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat ’n man soos ek dit ongetwyfeld moet waarneem nie?

16 En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars uitgevind. Kyk,ons is my heer se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is.

17 Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, dié sal my slaaf wees. Maar trek júlle in vrede op na julle vader.

18 Toe kom Juda nader na hom en sê:Ag, my heer, mag u dienaar tog ’n woord spreek voor die ore van my heer, enlaat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.

19 My heer het sy dienaars gevra en gesê: Het julle ’n vader of broer?

20 En ons het my heer geantwoord: Ons het ’n ou vader; en daar is ’n jong seun, ’n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.

21 Toe het u aan u dienaars gesê:Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig.

22 En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vadersal sterwe as hy hom verlaat.

23 Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie.

24 En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,

25 hetons vader gesê: Gaan koop weer vir ons ’n bietjie voedsel.

26 Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.

27 En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het —

28 die een het van my af weggegaan, en ek het gesê:Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.

29 Asjulle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom ’n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal.

30 As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie — terwylsy siel innig aan hom verkleef is —

31 sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die doderyk laat afdaal.

32 Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het:As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.

33 Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.

34 Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie!

GÉNESIS 45

Josef maak hom aan sy broers bekend.

1 TOE kon Josef hom nie langerbedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.

2 Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het.

3 En Josef sê vir sy broers:Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom.

4 Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het.

5 Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie.Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.

6 Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin niegeploeg of geoes sal word nie.

7 Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ’n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ’n groot verlossing.

8 Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ’n raadsman van Farao gemaak en ’n gebieder oor sy hele huis en ’nregeerder in die hele Egipteland.

9 Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my ’n gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie!

10 Enu kan in die land Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit.

11 En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort.

12 En kyk, julle oë sien dit, en die oë van my broer Benjamin, dat dit my mond is wat met julle spreek.

13 Vertel my vader dan van al my heerlikheid in Egipte en van alles wat julle gesien het, enbring my vader gou hierheen af.

14 Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween.

15 En hy het al sy broers gesoen en aan hullehalsgeween; en daarna het sy broers met hom gespreek.

16 Toe die gerug in die huis van Farao gehoor word dat Josef se broers gekom het, was dit goed in die oë van Farao en van sy dienaars.

17 En Farao het met Josef gespreek: Sê aan jou broers: Doen dit, laai julle diere en trek weg na die land Kanaän.

18 En gaan haal julle vader en julle huisgesinne en kom na my toe, dan sal ek julle die beste van Egipteland gee; en eet dievettigheid van die land.

19 Jý kry dan bevel — doen dit: Neem vir julle uit Egipteland waens vir julle kinders en julle vroue, en vervoer julle vader en kom.

20 En julle hoef geen spyt te hê oor julle huisraad nie, want die beste van die hele Egipteland is julle s’n.

21 Die seuns van Israel het toe so gedoen; en Josef het vir hulle waens verskaf volgens die bevel van Farao en hulle padkos gegee vir die reis.

22 Hy het aan hulle almal, man vir man, ’n stelnuwe klere gegee; maar aan Benjamin het hy driehonderdsikkelssilwer en vyf stel nuwe klere gegee.

23 En net so het hy ook aan sy vader gestuur tien esels, gelaai met die beste goed van Egipte, en tien eselinne, gelaai met koring en brood envoedsel vir sy vader op die reis.

24 Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek; en hy het aan hulle gesê: Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie.

25 En hulle het opgetrek uit Egipte en in die land Kanaän aangekom by hulle vader Jakob.

26 Toe hulle hom vertel: Josef lewe nog — en dat hy regeerder is in die hele Egipteland — het sy hart beswyk, want hy het hulle nie geglo nie.

27 Maar toe hulle hom al die woorde van Josef te kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy diewaens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword.

28 En Israel het gesê: Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe.

GÉNESIS 46

Jakob trek af na Egipte.

1 EN Israel het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en inBerséba gekom; en hy het offerandes gebringaan die God van sy vader Isak.

2 En God het tot Israel gespreekin naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!

3 Toe sê Hy: Ek is God,die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Eksal jou daar ’n groot nasie maak.

4 Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewisook weer laat optrek; enJosef sal jou oë toedruk.

5 Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaaiwat Farao gestuur het om hom te vervoer.

6 En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:

7 sy seuns en sy kleinseuns saam met hom;sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.

8 Endit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het — Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob wasRuben.

9 En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron en Karmi.

10 En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou.

11 En die seuns vanLevi: Gerson, Kehat en Merári.

12 En die seuns vanJuda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. MaarEr en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

13 En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.

14 En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.

15 Dit is die seuns van Leawat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie-en-dertig.

16 En die seuns van Gad:Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Aródi en Areëli.

17 En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.

18 Dit is die seuns van Silpawat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.

19 Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: Josef en Benjamin.

20 En vir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.

21 En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.

22 Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.

23 En die seuns van Dan: Husim.

24 En die seuns van Náftali: Jágseël en Guni en Jeser en Sillem.

25 Dit is die seuns van Bilhawat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.

26 Al die siele wat aan Jakob behoort het en, uit sy heup afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam ses-en-sestig siele.

27 En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele.Al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was sewentig.

28 En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle hetin die land Gosen aangekom.

29 Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon,het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.

30 En Israel sê vir Josef: Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef!

31 Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek:Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers en die huis van my vader wat in die land Kanaän was, het na my gekom.

32 En die manne is herders van kleinvee — want hulle was veeboere — en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring.

33 En as Farao julle laat roep en sê:Wat is julle nering?

34 dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboerevan ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders — sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars’n gruwel.

GÉNESIS 47

1 DAAROP het Josef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die land Kanaän, en daar is hulle nou indie land Gosen.

2 En hy het uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle aan Faraovoorgestel.

3 Toe sê Farao aan sy broers:Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: Udienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders.

4 Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as vreemdelinge in die landte vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaarsdan nou tog in die land Gosen woon.

5 Daarop het Farao met Josef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom.

6 Egipteland lê voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die land woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.

7 Toe bring Josef sy vader Jakob in en stel hom aan Farao voor. En Jakob het Farao gegroet met ’n seënwens.

8 Daarop sê Farao vir Jakob: Hoeveel is die dae van jou lewensjare?

9 En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van myvreemdelingskap is honderd-en-dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle hetnie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.

10 Toe het Jakob Farao gegroet met ’n seënwens en van Farao af weggegaan.

11 En Josef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle besitting in Egipteland gegee, in die beste deel van die land, in die landstreekRaämses, soosFarao beveel het.

12 En Josef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met broodonderhou ooreenkomstig die getal van die kinders.

13 En daar was in die hele land geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die land Kanaän uitgeput was weens die hongersnood.

14 En Josef het al die geld versamel wat in Egipteland en in die land Kanaän te vinde was, vir die koring wat hulle gekoop het, en Josef het die geld in die paleis van Farao gebring.

15 En toe die geld in Egipteland en in die land Kanaän op was, het al die Egiptenaars na Josef gekom en gesê: Gee vir ons brood! En:Waarom moet ons voor u oë sterwe, want die geld is gedaan?

16 En Josef antwoord: Gee julle vee, dan sal ek dit aan julle gee vir julle vee as die geld gedaan is.

17 Toe bring hulle hul vee na Josef, en Josef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste en vir die esels; en hy het hulle dié jaar versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee.

18 Toe dié jaar om was, het hulle na hom gekom in die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit vir my heer nie wegsteek nie, maar die geld is op en die besitting aan vee is my heer s’n. Daar het niks vir my heer oorgebly nie as net ons lyf en ons grond.

19 Waarom moet ons voor u oë te gronde gaan, ons sowel as ons landerye? Koop ons en ons grond vir brood, dan sal ons met ons grond aan Farao diensbaar wees; en gee saadkoring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, en dat die grond nie woes word nie.

20 So het Josef dan al die grond van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die land dan Farao se eiendom geword.

21 En wat die volk betref — hy het hulle laat verhuis na die stede, van die een end van die Egiptiese gebied na die ander end daarvan.

22 Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het ’n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.

23 Toe sê Josef aan die volk: Kyk, ek het vandag julle en jul grond vir Farao gekoop: daar is saadkoring vir julle, dat julle die grond kan besaai.

24 En by die insameling moet julle ’n vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier dele sal julle eiendom wees, as saad vir die land en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is, en as voeding vir julle kinders.

25 En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat ons guns mag vind in die oë van my heer, dan sal ons die dienaars van Farao wees.

26 En Josef het dit ’n wet gemaak tot vandag toe vir die saaigrond van Egipte — die vyfde deel behoort aan Farao. Net die grond van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie.

27 So het Israel dan in Egipteland gewoon,in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.

28 En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd-sewen-en-veertig jaar was.

29 En toe die dae van Israelnader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het,sit dan tog jou hand onder my heup enbewys my liefde en trou —begrawe my tog nie in Egipte nie.

30 Wanneer ek met my vadersontslaap het, bring my dan weg uit Egipte enbegrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord.

31 Toe sê hy:Sweer my dit tog. En hy het vir hom gesweer. Toe hetIsrael in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed.

GÉNESIS 48

Jakob seën die seuns van Josef.

1 NÁ hierdie dinge het hulle aan Josef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam.

2 En hulle het aan Jakob berig gebring en gesê: Kyk, u seun Josef kom na u toe. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit.

3 En Jakob het vir Josef gesê:God, die Almagtige, het aan my verskyn byLus, in die land Kanaän, en my geseën

4 en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ’n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land asewige besitting gee.

5 Nou dan, joutwee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het,is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon.

6 Maar jou nakomelinge wat jy ná hulle verwek het, sal joue wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel.

7 En toe ek van Paddan gekom het, hetRagel by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis toe daarnog ’n kort ent pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem.

8 Toe Israel die seuns van Josef sien, sê hy: Wie is dit?

9 En Josef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat God my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, datek hulle kan seën.

10 Maar Israel seoë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, het hy hullegesoen en hulle omhels.

11 En Israel sê vir Josef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien.

12 Daarop laat Josef hulle van sy knieë af weggaan, en hy buig hom met sy aangesig na die aarde toe.

13 En Josef neem hulle twee, Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel en hy bring hulle by hom.

14 Toe steek Israel sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene.

15 En hy het Josef geseën en gesê: Die Godvoor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe,

16 die Engel wat my uit elke teëspoedverlos het — mag Hy die seuns seën, en mag deur hullemy naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte.

17 Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring.

18 En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof.

19 Maar sy vader weier en sê:Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook ’n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal syjongste broer groter wees as hy, en sý nageslag sal ’n menigte van nasies word.

20 So het hy hulle dan dié dag geseën en gesê:Met jou sal Israel ’n seën toewens, met die woorde: Mag God jou maak soos Efraim en soos Manasse! So het hy dan Efraim voor Manasse gestel.

21 Daarop sê Israel vir Josef: Kyk, ek gaan sterwe, maarGod sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die land van julle vaders.

22 En ék geejou een stuk land bo jou broers, wat ek met my swaard en my boog van die Amoriete afgeneem het.

GÉNESIS 49

Jakob seën sy seuns. Daarna sterwe hy.

1 DAARNA het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan dieeinde van die dae sal wedervaar.

2 Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader!

3 Ruben, jy ismy eersgeborene, my kragen die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!

4 Opbruising soos van waters — jy sal die vernaamste nie wees nie, want jyhet die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. Hy het my bed beklim.

5 Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld.

6 Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.

7 Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel.

8 Juda, jy is dit! Jou sal jou broersloof. Jou hand sal opdie nek van jou vyande wees; voor jou saldie seuns van jou vader hulle neerbuig.

9 Juda is’n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun.Hy buig hom, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin; wie sal hom opjaag?

10 Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg dieveldheerstaf tussen sy voete uit totdatSilo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.

11 Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.

12 Hy is donkerder vanoë as wyn en witter van tande as melk.

13 Sébulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.

14 Íssaskar is ’n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê.

15 Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moesdwangarbeid verrig.

16 Dan sal aan sý volkreg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel.

17 Laat Dan ’n slang wees op die weg, ’n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.

18 Op u verlossingwag ek,Here!

19 Gad —’n bende sal hom aanval, maar hý sal hulle aan die hakskeen gryp.

20 Aser, sy spys is vet, en hý lewer koninklike lekkernye.

21 Náftali is soos ’n wildsbok so vry, hy wat mooi woorde laat hoor.

22 Josef is ’n jong vrugteboom, ’n jong vrugteboom by ’n fontein;sytakke klim oor die muur.

23 Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry,

24 maar syboog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van dieMagtige van Jakob — daarvandaan waardie Herder, die Steen van Israel, is,

25 van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.

26 Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawesvan die ewige heuwels. Dit sal weesop die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers.

27 Benjamin is ’n wolf watverskeur; in die môre eet hy sy prooi, en in die aanddeel hy buit uit.

28 Húlle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën.

29 Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: Ekword versamel by my volk.Begrawe my by my vaders in diespelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is;

30 in die spelonk wat op die stuk grond van Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die land Kanaän; die stuk grondwat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het.

31 Daar het hulle Abraham begrawe en Sara, sy vrou;daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe —

32 die stuk grond en die spelonk wat daarin is, wat gekoop is van die seuns van Het.

33 Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is by sy volksgenoteversamel.

GÉNESIS 50

Begrafnis van Jakob. Dood van Josef.

1 TOEval Josef op sy vader se aangesig, en hy het oor hom geween en hom gesoen.

2 En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vaderte balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.

3 En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het homsewentig dae lank beween.

4 En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao:

5 My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my grafwat ek vir my in die land Kanaän uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.

6 En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.

7 Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom opgetrek, en al die oudstes van Egipteland;

8 ook die hele huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het hullein die land Gosen laat agterbly.

9 En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit ’n baie groot trek was.

10 En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar ’n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.

11 Toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is ’n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misráim genoem, wat oos van die Jordaan lê.

12 En sy seuns het met hom gedoen net soos hy hulle beveel het:

13 sy seuns het hom weggebring na die land Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, die stuk grond wat Abraham as eiendomsgrafgekoop het van Efron, die Hetiet, oos van Mamre.

14 Daarna het Josef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het.

15 Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het!

16 Daarom het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde:

17 So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons watdie God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.

18 En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.

19 Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie;want is ek in die plek van God?

20 Want júlle het wel kwaad teen my bedink,maarGod het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ’n groot volk in die lewe te hou.

21 Wees dan nou nie bevrees nie: éksal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.

22 En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd-en-tien jaar gelewe.

23 En Josef het van Efraim kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore.

24 En Josef het aan sy broers gesê: Ek gaan sterwe, maarGod sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die landwat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het.

25 En Josefhet die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee — bring dan my gebeente hiervandaan op.

26 En Josef het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud. En hulle het homgebalsem, en hy is in ’n kis gesit in Egipte.