OPENBARING 1

Naam en onderwerp van die boek.

1 DIEopenbaring van Jesus Christuswat God Hom gegee hetom aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deurdie sending vansy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,

2 wat getuig het vandie woord van God endie getuienis van Jesus Christus — alles wat hy gesien het.

3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor enbewaar wat daarin geskrywe is,want die tyd is naby.

Opdrag aan die sewe gemeentes van die provinsie Asië.

4 JOHANNES aandie sewe gemeentes in Asië:Genade vir julle en vrede van Homwat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,

5 en van Jesus Christus, die getrouegetuie,die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! AanHom wat ons liefgehad het enons van ons sondes gewas het in sy bloed

6 enons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

7 Kyk,Hy kommet die wolke, en elke oog sal Hom sien,ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here,wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Jesus verskyn aan Johannes op Patmos. Bevel om op te skrywe wat hy sien, en dit te stuur aan die sewe gemeentes.

9 EK, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille vandie woord van God en omdie getuienis van Jesus Christus.

10 Ek was in die Gees opdie dag van die Here, en ek het agter my ’n groot stem gehoor,soos van ’n basuin,

11 wat sê:Ek is die Alfa en die Oméga,die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ’n boek en stuur dit nadie sewe gemeentes wat in Asië is: naÉfese enSmirna enPérgamus enThiatíre enSardis enFiladelfía enLaodicéa.

12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien eksewe goue kandelaars,

13 en tussendie sewe kandelaars Eensoos die Seun van die mensmet ’n kleed aanwat tot op die voete hang,en gegord om die bors met ’n goue gordel.

14 Sy hoof enhare was wit soos wit wol, soos sneeu, ensy oë soos ’n vuurvlam,

15 ensy voete soos blink koper wat gloei soos in ’n oond, ensy stem soos die stem van baie waters.

16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ’n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

17 Entoe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan sy voete; enHy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie;Ek is die eerste en die laaste

18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek hetdie sleutels van diedoderyk en van die dood.

19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, diewat is,sowel as die wat gaan gebeur;

20 die verborgenheidvan die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

OPENBARING 2

Briewe aan die sewe gemeentes van Asië. Eerste brief: aan Éfese.

1 SKRYFaan die engel van die gemeente inÉfese: Dít sê Hywat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandeltussen die sewe goue kandelaars:

2 Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel hetwat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;

3 en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.

4 Maar Ek het teen jou dat jyjou eerste liefde verlaat het.

5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anderskom Ek gou na jou toe en saljou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

6 Maar dit het jy, dat jy die werke vandie Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.

7 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet vandie boom van die lewe wat binne-indie paradys van God is.

Tweede brief: aan die gemeente van Smirna.

8 EN skryf aandie engel van die gemeente inSmirna: Dít sêdie eerste en die laaste,wat dood was en lewend geword het:

9 Ek ken jou werke en verdrukking enarmoede — maar jy isryk — en die lastering vandie wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar’n sinagoge van die Satan.

10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle saltien dae lankverdrukking hê.Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal joudie kroon van die lewe gee.

11 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deurdie tweede dood geen skade ly nie.

Derde brief: aan die gemeente van Pérgamus.

12 EN skryf aandie engel van die gemeente inPérgamus: Dít sê Hywat die skerp tweesnydende swaard het:

13 Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Ántipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.

14 Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer vanBíleam wat Balak geleer het om ’n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlikom afgodsoffers te eet ente hoereer.

15 So het jy ook mense wat vashou aan die leer vandie Nikolaïete, wat Ek haat.

16 Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer metdie swaard van my mond.

17 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet vandie verborge manna, en Ek sal hom gee ’n wit keursteen, en op dié steen’n nuwe naam geskrywewat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Vierde brief: aan die gemeente van Thiatíre.

18 EN skryf aandie engel van die gemeente inThiatíre: Dít sê die Seun van Godwat oë het soos ’n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper:

19 Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.

20 Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrouIsébel, wat haarself ’n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer enafgodsoffers te eet.

21 EnEk het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.

22 Kyk, Ek werp haar neer op ’n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ’n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.

23 En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek iswat niere en harte deursoek, enEk sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

24 En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek salop julle geen ander las lê nie.

25 Hou maar net vas wat julle het, totdatEk kom.

26 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar,sal Ek mag oor die nasies gee,

27 enhy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.

28 En Ek sal homdie môrester gee.

29 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

OPENBARING 3

Vyfde brief: aan die gemeente van Sardis.

1 EN skryf aandie engel van die gemeente inSardis: Dít sê Hy watdie sewe Geeste van God endie sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef enjy is dood.

2 Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.

3 Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ekop jou afkomsoos ’n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.

4 Maar jy het enkelepersone ook in Sardiswat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met Myin wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is.

5 Wie oorwin,sal beklee word met wit klere, en Eksal sy naam nooit uitwis uitdie boek van die lewe nie, enEk sal sy naam bely voor my Vader envoor sy engele.

6 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Sesde brief: aan die gemeente van Filadelfía.

7 EN skryf aandie engel van die gemeente inFiladelfía: Dít sê die Heilige,die Waaragtige, watdie sleutel van Dawid het,wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:

8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ’n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.

9 Kyk, Ek gee jou uitdie sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg —Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

11 Kyk, Ek kom gou!Hou vas wat jy het, sodat niemand joukroon kan neem nie.

12 Wie oorwin, Ek sal hom’n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op homdie Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van dienuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, enmy nuwe Naam.

13 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Sewende brief: aan die gemeente van Laodicéa.

14 EN skryf aan die engel van die gemeente vandie Laodicense: Dít sêdie Amen,die getroue enwaaragtige Getuie, diebegin van die skepping van God:

15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!

16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.

18 Ek raai jou aanom van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; enwit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.

19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

20 Kyk, Ek staan by die deur enEk klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak,sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

21 Aan hom wat oorwin, sal Ek geeom saam met My te sit op my troon, soosEk ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

22 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

OPENBARING 4

Gesig van die troon. Die vier-en-twintig ouderlinge. Die vier lewende wesens.

1 NÁ hierdie dinge het ek gesien — kyk, ’n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat eksoos ’n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, enEk sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

2 En dadelikwas ek in die Gees, en kyk, daar staan’n troon in die hemel en Een sit op die troon.

3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steenjaspis ensardius; en rondom die troon was ’nreënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ’n smarag.

4 En rondom die troon was daarvier-en-twintig trone, en op die trone het ekdie vier-en-twintig ouderlinge sien sit,bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.

5 En daar hetweerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewevuurfakkels watdie sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;

6 en voor die troon was daar’n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troonvier lewende wesens vol oë van voor en van agter.

7 Endie eerste lewende wese was soos ’n leeu, en die tweede lewende wese was soos ’n kalf, en die derde lewende wese het ’n gesig gehad soos ’n mens, en die vierde lewende wese was soos ’n arend wat vlieg.

8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homselfses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê:Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige,wat was en wat is en wat kom!

9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,

10 val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê:

11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, wantU het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

OPENBARING 5

Die boek met sewe seëls verseël. Die Lam alleen waardig om dit oop te maak.

1 EN ek het in die regterhand vanHom wat op die troon sit,’n boek gesien, van binne en van buite beskrywe enmet sewe seëls goed verseël.

2 En ek het ’n sterk engel gesien wat met ’n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?

3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.

4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.

5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk,die Leeuwat uit die stam van Juda is,die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar’n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings ensewe oë, watdie sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.

7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;

8 en toe Hy die boek neem, valdie vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen metsiters engoue skale vol reukwerk,wat die gebede van die heiliges is.

9 Toe sing hulle ’n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en hetons vir Godmet u bloedgekoop uitelke stam en taal en volk en nasie,

10 enhet ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.

11 Toe sien ek, en ek hoor ’n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal wastienduisende van tienduisende en duisende van duisende;

12 en met ’n groot stem het hulle gesê:Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvangdie krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: AanHom wat op die troon sit, en aandie Lam kom toe dielof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

14 Endie vier lewende wesens het gesê:Amen! En die vier-en-twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.

OPENBARING 6

Die oopmaak van die eerste ses seëls.

1 ENek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ’n donderslag: Kom kyk!

2 En ek het gesien, en kyk, daar was ’nwit perd.En hy wat daarop sit,het ’n boog; en aan hom is’n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ’n oorwinnaar en om te oorwin.

3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!

4 En ’n anderperd, ’n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegeeom die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ’n groot swaard is aan hom gegee.

5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was’n swart perd; en hy wat daarop sit,het ’n skaal in sy hand.

6 En ek het ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ’n Rantsoen koring vir ’n penning en drie rantsoene gars vir ’n penning; enmoenie die olie en die wyn beskadig nie.

7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!

8 En ek het gesien, en kyk, daar was ’nvaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maakmet swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.

9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ekonder die altaardie siele van die wat gedood ister wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.

10 En hulle het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser,oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?

11 En aan elkeen van hulle iswit klere gegee; en aan hulle is gesêdat hulle nog ’n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.

12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk,daar was ’n groot aardbewing; endie son het swart geword soos ’n harige sak, endie maan het geword soos bloed;

13 endie sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ’n vyeboom wat deur ’n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

14 endie hemel het weggewyksoos ’n boek wat toegerol word, enal die berge eneilande is uit hulle plekke versit;

15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymensehet hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,

16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig vanHom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;

17 wantdie groot dag van sy toorn het gekom, enwie kan bestaan?

OPENBARING 7

Die getroue Israeliete uit ontsaglike gevare gered.

1 EN ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle hetdie vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.

2 En ek het ’n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël vandie lewende God; en hy het met ’n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig

3 en gesê:Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.

4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor:honderd-vier-en-veertigduisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel —

5 uit die stam van Juda twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalfduisend verseëldes;

6 uit die stam van Aser twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalfduisend verseëldes;

7 uit die stam van Símeon twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Íssaskar twaalfduisend verseëldes;

8 uit die stam van Sébulon twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalfduisend verseëldes.

Gesig van die martelare in die heerlikheid.

9 NÁ hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie,uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed metwit klere enmet palmtakke in hulle hande;

10 en hulle het met ’n groot stem geroep en gesê:Heil aan onse Godwat op die troon sit, en aan die Lam!

11 En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid

12 en gesê:Amen!Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen.

13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?

14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle hethul klere gewas en hul klere wit gemaakin die bloed van die Lam.

15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit,sal sy tent oor hulle oopspan.

16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;

17 want die Lam wat in die middel van die troon is,sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, enGod sal alle trane van hulle oë afvee.

OPENBARING 8

Die sewende seël word oopgemaak. Sewe engele met sewe basuine. Die eerste vier basuine.

1 EN toe Hydie sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent ’n halfuur lank.

2 En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewebasuine is aan hulle gegee.

3 En ’n ander engel het gekom en met’n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit metdie gebede van al die heiliges opdie goue altaar voor die troon te lê;

4 en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.

5 En die engel het die wierookbak geneem endit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar hetstemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.

6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.

7 En die eerste engel het geblaas, en daar hethael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit isop die aarde gegooi. En ’n derde vandie bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.

8 En die tweede engel het geblaas, en iets soos ’ngroot berg wat brand met vuur, isin die see gegooi. En ’n derde van die seehet bloed geword,

9 en ’n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ’n derde van die skepe het vergaan.

10 En die derde engel het geblaas, en’n groot ster wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde vandie riviere en op die waterfonteine.

11 En die naam van die ster word genoemAlsem; en ’n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.

12 En die vierde engel het geblaas, en ’n derde vandie son is getref en ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre, sodat ’n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.

13 En ek het gesien en gehoor ’n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ’n groot stem sê:Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

OPENBARING 9

Die vyfde basuin of die eerste wee.

1 EN toe die vyfde engel blaas, sien ek’n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom isdie sleutel vandie put van die afgrond gegee.

2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ’n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

3 En uit die rook het daarsprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.

4 En aan hulle is gesêdat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense watdie seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.

5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ’n skerpioen wanneer hy ’n mens steek.

6 En in dié daesal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

7 Endie voorkoms van die sprinkane was soosdié vanperde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.

8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, enhulle tande was soos dié van leeus.

9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke wassoos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.

10 En hulle het sterte gehad soosdié vanskerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.

11 En hulle hetas koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus isAbáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.

12 Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.

Die sesde basuin of die tweede wee.

13 EN die sesde engel het geblaas, en ek het ’n stem gehoor uitdie vier horings vandie goue altaar wat voor God is,

14 en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is bydie groot rivier, die Eufraat.

15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ’n derde van die mense dood te maak.

16 En die getal van die leërs van perderuiters wastwee maal tienduisend maal tienduisend; en ek het hulle getal gehoor.

17 En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke hetvuur en rook en swawel uitgegaan.

18 Deur hierdie drieplaeis ’n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;

19 want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.

20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer vandie werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en houtwat nie kan sien of hoor of loop nie.

21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.

OPENBARING 10

Die boek uit die hemel word deur Johannes geëet.

1 EN ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ’n wolk, en’n reënboog was oor sy hoof, ensy aangesig was soos die son, ensy voete soos pilare van vuur;

2 en in sy hand het hy ’n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land;

3 en hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

4 En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ’n stem uit die hemel vir my hoor sê:Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.

5 En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, hetsy hand na die hemel opgehef,

6 en hy het gesweerby Hom wat tot in alle ewigheid lewe,wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is,dat daar geen tyd meer sal wees nie;

7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.

8 En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.

9 En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem eneet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.

10 Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel eneet dit op, enin my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.

11 En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.