OPENBARING 14

Die Lam en sy vrygekooptes op die berg Sion.

1 EN ek het gesien, en kyk,die Lam staan opdie berg Sion, en saam met Homhonderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.

2 En ek het ’n geluid uit die hemel gehoorsoos die geluid van baie waters en soos die geluid van ’n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor vansiterspelers wat speel op hulle siters.

3 En hulle het’n nuwe lied gesing voor die troon en voordie vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend wat van die aarde vrygekoop is.

4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, wanthulle is maagdelik rein;dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense aseerstelinge vir God en die Lam.

5 Enin hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle issonder gebrek voor die troon van God.

Die engele wat die oordeel van God aankondig.

6 EN ek het ’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

7 En hy het met ’n groot stem gesê: Vrees God engee Hom heerlikheid, want die uurvan sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

8 En ’n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval hetBabilon,die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

9 En ’n derde engel het hulle gevolg en met ’n groot stem gesê: As iemanddie dier en sy beeld aanbid en’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,

10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God watongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy salgepynig word metvuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

11 Endie rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, enhulle het dag en nag geen rus nie — hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier ishulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

13 En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê:Skryf — salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees,sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.

Die graanoes en die wynoes.

14 EN ek het gesien, en kyk, daar was ’n wit wolk en eensoos ’n Menseseun wat op die wolk sit, met ’n goue kroon op sy hoof en in sy hand ’n skerp sekel.

15 En ’n ander engel hetuit die tempel gekom en met ’n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaanu sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.

16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.

17 En ’n ander engel hetuitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ’n skerp sekel gehad;

18 en ’n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uitdie altaar uitgekom en met ’n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in,want sy druiwe het ryp geword.

19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi indie groot parskuip van die grimmigheid van God.

20 Endie parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl ver.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen + thirteen =