ESRA 1

Kores, die Persiese koning, gee die Jode verlof om na hulle land terug te gaan. 1 EN in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het dieHere— sodat die woord van dieHereuit die mond van Jeremia vervul sou word — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ’n oproep […]

ESRA 2

Lys van die eerste Jode wat saam met Serubbábel in Juda teruggekom het. 1 ENdit is die inwoners van die provinsieJudawat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballingewat Nebukadnésar, die koning van Babel, na Babel weggevoer het, wat na Jerusalem en Juda teruggekeer het, elkeen na sy stad; 2 wat saam met Serubbábel, Jésua, […]

ESRA 3

Reëling van die erediens. Die tempelfondamente word gelê. 1 EN toe die sewende maand aankom en die kinders van Israel in die stede was, het die volk soos een man in Jerusalem byeengekom. 2 En Jésua, die seun van Jósadak, met sy broers, die priesters, en Serubbábel, die seun van Seáltiël, met sy broers, het […]

ESRA 4

Die Samaritane verhinder die bou van die tempel. 1 EN toedie teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die ballinge ’n tempel bou vir dieHere, die God van Israel, 2 het hulle aangekom na Serubbábel en na die familiehoofde en aan hulle gesê: Laat ons saam met julle bou, want net soos julle soek ons […]

ESRA 5

Die tempelbou word hervat en voltooi onder Daríus. 1 MAARHaggai, die profeet, enSagaría, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was. 2 Toe het Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua, die seun van […]

ESRA 6

1 TOE het koning Daríus bevel gegee, enhulle het nagesoek in die argief waar hulle in Babel die skatte wegbêre. 2 En in Agméta, in die vesting wat in die provinsie Medië lê, is ’n skrifrol gevind, en só was daarin geskrywe: Oorkonde. 3 In die eerste jaar van koning Kores het koning Kores bevel […]

ESRA 7

Koning Artasásta stuur Esra na Jerusalem om die diens van God te herstel. 1 EN ná hierdie gebeurtenisse, onder die regering vanArtasásta, die koning van Persië, het Esra,die seun van Serája, die seun van Asárja, die seun van Hilkía, 2 die seun van Sallum, die seun van Sadok, die seun van Ahítub, 3 die seun […]

ESRA 8

Register van Juda wat saam met Esra teruggegaan het. Hulle reis. 1 EN dit is hulle familiehoofde, met hulle geslagsregister, wat saam met my onder die regering van koning Artasásta uit Babel opgetrek het: 2 van die kinders vanPínehas: Gersom; van die kinders vanÍtamar:Daniël; van die kinders van Dawid:Hattus, 3 van die kinders vanSegánja; van […]

ESRA 9

Rou en gebed van Esra oor volksondes van vermenging met die heidene. 1 EN toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete hethulle nie afgesonder van die volke van die lande,wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, […]

ESRA 10

Die vreemde vroue word weggestuur. 1 ENterwyl Esra bid en hy wenende neerval en belydenis doenvoor die huis van God, kom daar uit Israel ’n baie groot vergadering van manne en vroue en kinders by hom bymekaar; want die volk het geween met ’n groot geween. 2 Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van […]