OPENBARING 16

1 EN ek het ’n groot stem uit die tempel aandie sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skalevan die grimmigheid van God op die aarde uit.

2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaalop die aarde uit, en kwaai en boseswere het aan die mense gekomwat die merk van die dier gehad het ensy beeld aanbid het.

3 En die tweede engel het sy skaalop die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ’n dooie, enal die lewende wesens in die see het gesterwe.

4 En die derde engel het sy skaal uitgegooiop die riviere en op die waterfonteine, endit het bloed geword.

5 En ek het die engel van die waters hoor sê:Regverdig, Here, is Uwat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;

6 want hulle het die bloed vanheiliges en profete vergiet, enU het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.

7 Enek het ’n ander een uitdie altaar hoor sê: Ja,Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.

8 En die vierde engel het sy skaalop die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.

9 En die mense is geskroei met ’n groot hitte, en hulle hetdie Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, enhulle het hul nie bekeerom Hom heerlikheid te gee nie.

10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi opdie troon van die dier, ensy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;

11 en hullehet die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oorhulle swere, en hethulle nie bekeer van hul werke nie.

12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooiop die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodatdie pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.

13 En ek het uit die bek vandie draak en uit die bek vandie dier en uit die mond van dievalse profeet drie onreine geestesoos paddas sien kom.

14 Want dit is geeste van duiwelswat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld,om hulle te versamel vir die oorlog vandaardie groot dag van die almagtige God.

15 Kyk, Ek komsoos ’n dief.Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.

16 Enhulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem wordArmagéddon.

17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ’n groot stem hetuit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ’n groot aardbewing gekomsoos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie — so ’n geweldige groot aardbewing.

19 Endie groot stad isin drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God,om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

20 Enalle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;

21 engroot hael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mensehet God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × one =