OPENBARING 21

Die nuwe hemel en die nuwe aarde.

1 EN ek het’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, wantdie eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

2 En ek,Johannes, hetdie heilige stad,die nuwe Jerusalem,sien neerdaal van God uit die hemel, toebereisoos ’n bruidwat vir haar man versier is.

3 En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk,die tabernakel van God is by die mense, en Hy salby hulle woon, en hulle sal sy volk wees; enGod self sal by hulle wees as hulle God.

4 EnGod sal al die trane van hulle oë afvee, endaar sal geen dood meer wees nie;ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

5 EnHy wat op die troon sit, het gesê: Kyk,Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, wanthierdie woorde is waaragtig en betroubaar.

6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby!Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde.Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe,verniet.

7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; enEk sal vir hom ’n God wees, en hy sal vir My ’n seun wees.

8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes enmoordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is indie poel wat brand met vuur en swawel: dit isdie tweede dood.

Die nuwe Jerusalem.

9 ENeen van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal joudie bruid toon, die vrou van die Lam.

10 Enhy het my in die gees weggevoer op ’n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;

11 endit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ’n baie kosbare steen, soos die kristalhelderjaspissteen.

12 En dit het ’n groot en hoë muur mettwaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.

13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.

14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, endaarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.

15 En hy wat met my gespreek het, het ’n gouemeetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.

16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.

17 En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens ’n mens se maat, wat diemaatvan ’n engel is.

18 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.

19 Endie fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;

20 die vyfde sardoniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis.

21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, endie straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.

22 En’n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

23 Endie stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.

24 Endie nasies vandie wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, endie konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.

25 En bedags — wantnag sal daar nie meer wees nie —sal sy poorte nooit gesluit word nie;

26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.

27 Endaarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is indie boek van die lewe van die Lam.

OPENBARING 22

1 EN hy het my getoon’n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.

2 In die middelvan sy straat enweerskante van die rivier wasdie boom van die lewe wat twaalfmaalvrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en dieblare van die boom is tot genesing van die nasies.

3 Endaar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, endie troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.

4 Enhulle sal sy aangesig sien, ensy Naam sal op hulle voorhoofde wees.

5 Ennag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdatdie Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.

Laaste waarskuwings en beloftes.

6 EN hy het vir my gesê:Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuurom sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.

7 Kyk, Ek kom gou.Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.

8 En dit is ek,Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het,het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.

9 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.

10 En hy het vir my gesê:Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie,want die tyd is naby.

11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

12 En kyk, Ek kom gou, enmy loon is by My,om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê opdie boom van die lewe eningaan deur die poorte in die stad.

15 Maar buite isdie honde endie towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig.Ek is die wortel en die geslag van Dawid,die blink môrester.

17 En die Gees endie bruid sê: Kom! Enlaat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor:As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem,dan sal God sy deel wegneem uitdie boek van die lewe en uitdie heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

20 Hy wat dit getuig, sê:Ja, Ek kom gou. Amen,ja kom, Here Jesus!

21 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

JUDAS 1

Opskrif en seëngroet.

1 JUDAS,’n dienskneg van Jesus Christus en broer vanJakobus, aan die watgeroep, in God die Vader geheilig envir Jesus Christus bewaar is:

2 Mag barmhartigheid envrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!

Teen die goddelose en valse leraars.

3 GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaanom kragtig te stry vir die geloofwat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.

4 Wantsekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mensewat die genade van onse God verander in ongebondenheid, endie enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.

5 Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal,dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna diewat ongelowig was, omgebring het.

6 Endie engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;

7 soosSodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer enagter vreemde vlees aangeloop het, as ’n voorbeeld gestel is, terwyl hulledie straf van die ewige vuur ondergaan.

8 Togbesoedel ook hierdie mense net so in hulle dromeryedie vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens.

9 Maar toeMígael,die aartsengel, met die duiwel in woordestryd wasoor die liggaam van Moses,het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê:Die Here bestraf jou!

10 Maarhierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.

11 Wee hulle, want hulle het die weg vanKain bewandel en om loon hulleself in die verleiding vanBíleamgestort en in die verset van Korag omgekom.

12 Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye,wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer,waterlose wolkedeur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;

13 woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterrevir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.

14 En Henog,die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekommet sy heilige tienduisendtalle,

15 om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al dieharde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het.

16 Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mondspreek trotse woorde,terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.

Vermaning en danksegging.

17 MAARjulle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus,

18 dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tydsal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel.

19 Dit is hullewat skeuring maak,sinnelike mensewat die Gees nie het nie.

20 Maar julle, geliefdes,moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof enin die Heilige Gees bid

21 en julleself in die liefde van God bewaar,terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.

22 Enaan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys;

23 maar ander moet jullemet vrees reddeur hulle uit die vuur te ruk; en ookdie kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.

24 Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar enjulle sonder gebrek voor sy heerlikheidte stel met gejuig,

25 aandie alleenwyseGod, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.

III JOHANNES 1

Opskrif en seëngroet. Lof van Gajus.

1 DIE ouderling aan die geliefde Gajuswat ek in waarheid liefhet.

2 Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;

3 want ekwas baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.

4 Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.

5 Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir diebroeders, en dit vir vreemdelinge,

6 wat van jou liefde voor die gemeente getuig het.Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op ’n voor God waardige wyse.

7 Want vir sy Naam het hulle uitgegaansonder om iets van die heidene te neem.

8 Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.

Klag teen Diótrefes. Lof van Demétrius. Groete.

9 EK het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.

10 Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doendeur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente.

11 Geliefde,moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is.Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen,het God nie gesien nie.

12 Van Demétriusis deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook,en julle weet dat ons getuienis waar is.

13 Ek het baie dinge gehad om te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skryf nie.

14 Maar ek hoop om jou gou te sien, en ons sal van mond tot mond spreek.

15 Vrede vir jou! Die vriende groet jou. Groet die vriende by die naam.

II JOHANNES 1

Opskrif en seëngroet.

1 DIE ouderling aandie uitverkore vrou en aan haar kinders —wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook almal watdie waarheid leer ken het;

2 ter wille van die waarheid wat in ons bly en by ons vir ewig sal wees —

3 genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.

Broederliefde. Valse leraars.

4 EK was baie bly dat ek van u kinders gevind hetwat in die waarheid wandel, soos ons ’n gebod van die Vader ontvang het.

5 En nou bid ek u,uitverkorevrou,nie asof ek u ’n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê.

6 Endit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.

7 Wantbaie verleiers het in die wêreld ingekom:die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

8 Wees op julle hoede,dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ’n volle loon ontvang.

9 Elkeen wat ’n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly,hý het die Vader sowel as die Seun.

10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie,ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.

11 Want die een wat hom groet,het gemeenskap aan sy bose werke.

12 Alhoewel ek baie het om aan julle te skrywe, wou ek dit nie met papier en ink doen nie, maar ek hoop om na julle te kom en van mond tot mond te spreek,sodat ons blydskap volkome kan wees.

13 Die kinders van uuitverkore suster groet u. Amen.

I JOHANNES 1

Die Woord het in die vlees verskyn.

1 WAT van die begin af was, wat ons gehoor het, watons met ons oë gesien het, watons aanskou het enons hande getas het aangaande die Woordvan die lewe —

2 en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, enons getuig en verkondig aan julledie ewige lewewat by die Vader was en aan ons geopenbaar is —

3 wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; enons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.

4 En ons skrywe hierdie dinge aan julle,sodat julle blydskap volkome kan wees.

God is lig. Hy wat in die lig nie wandel nie, het geen gemeenskap met Hom nie.

5 ENdit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig:God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het enin die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; endie bloed van Jesus Christus, sy Seun,reinig ons van alle sonde.

Die belydenis van sonde en die vergifnis.

8 AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself endie waarheid is nie in ons nie.

9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie,dan maak ons Hom tot ’n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

I JOHANNES 2

1 MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het,ons het ’nVoorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.

2 EnHy is ’n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maarook virdié vandie hele wêreld.

Onderhouding van die gebooie. Broederliefde. Verloëning van die wêreld.

3 EN hieraan weet ons dat ons Hom ken: as onssy gebooie bewaar.

4 Hy wat sê:Ek ken Hom — en sy gebooie nie bewaar nie —is ’n leuenaaren in hom is die waarheid nie.

5 Maar elkeen wat sy woord bewaar,in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword.Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

6 Hy wat sê dat hy in Hombly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.

7 Broeders,dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar ’n ou gebodwat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woordwat julle van die begin af gehoor het.

8 En tog skryf ek aan julle’n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, wantdie duisternis gaan verby endie waaragtige lig skyn alreeds.

9 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.

10 Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, enin hom is geen oorsaak van struikeling nie.

11 Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.

12 Ek skryf aan julle,mykinders, omdatdie sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil.

13 Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom kenwat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julledie Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.

14 Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.

15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie.As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

16 Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë endie grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

17 Endie wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Die antichriste.

18 KINDERS,dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het datdie Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

19 Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was,sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.

20 En julle hetdie salwing van die Heilige enweet alles.

21 Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdatjulle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.

22 Wie is die leuenaar,behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.

23 Elkeen wat die Seun loën,het ook nie die Vader nie.

24 Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dansal julle ook in die Seun en in die Vader bly.

25 En dit is die belofte wat Hy ons beloof het,naamlikdie ewige lewe.

26 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei.

27 Endie salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer,so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

28 En nou,mykinders, bly in Hom, sodatons vrymoedigheid kan hêwanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.

29 As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle datelkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.

I JOHANNES 3

Die kinders van God.

1 KYKwat ’n groot liefde die Vader aan ons bewys het, datons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdatdit Hom nie geken het nie.

2 Geliefdes,nou is ons kinders van God, endit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aanHom gelyk sal wees, omdatons Hom sal sien soos Hy is.

3 En elkeen wat hierdie hoop op Hom het,reinig homselfsoos Hy rein is.

4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, wantdie sonde is wetteloosheid.

5 En julle weetdat Hy verskyn hetom ons sondes weg te neem, engeen sonde is in Hom nie.

6 Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig,het Hom nie gesien enHom nie geken nie.

7 Mykinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.

8 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, wantdie duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn,om die werke van die duiwel te verbreek.

9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie,omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, wanthy is uit God gebore.

10 Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.

11 Wantdit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het,dat ons mekaar moet liefhê;

12 nie soosKain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.

13 Verwonder julle nie, my broeders,as die wêreld julle haat nie.

14 Ons weet datons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.

15 Elkeen wat sy broeder haat, is’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.

16 Hieraan het ons die liefde leer ken, datHy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.

17 Maarwie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit,hoe bly die liefde van God in hom?

18 My kinders,laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

19 En hieraan weet ons dat onsuit die waarheid is; enons sal ons harte voor Hom gerusstel,

20 wantas ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles.

21 Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, danhet ons vrymoedigheid teenoor God;

22 enwat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

23 En dit is sy gebod,dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ’n gebod gegee het.

24 En hy wat sy gebooie bewaar,bly in Hom, enHy in hom.En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.

I JOHANNES 4

Die valse leraars.

1 GELIEFDES,glo nie elke gees nie, maarstel die geeste op die proef of hulle uit God is, wantbaievalse profete het in die wêreld uitgegaan.

2 Hieraan ken julle die Gees van God:elke gees wat bely dat Jesus Christusin die vlees gekom het, is uit God;

3 en elke geeswat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van dieAntichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdatHy wat in julle is, groter is ashy wat in die wêreld is.

5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, endie wêreld luister na hulle.

6 Ons is uit God;hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken onsdie Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

God is liefde. Om God lief te hê en die broeders lief te hê.

7 GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.

8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, wantGod is liefde.

9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, datGod sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het,sodat ons deur Hom kan lewe.

10 Hierin is die liefde:nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur hetas ’n versoening vir ons sondes.

11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het,behoort ons ook mekaar lief te hê.

12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet,bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

13 Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons,dat Hy ons van sy Gees gegee het.

14 Enons het aanskou en ons getuig datdie Vader die Seunas Verlosser van die wêreld gestuur het.

15 Elkeen wat belydat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.

16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo.God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, datons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maardie volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

20 As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat,is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

21 En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

I JOHANNES 5

Die geloof in Jesus en die gevolge daarvan.

1 ELKEEN wat glo datJesus die Christus is, isuit God gebore; enelkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.

2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.

3 Wantdit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; ensy gebooie is nie swaar nie.

4 Want alles wat uit God gebore is,oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het,naamlikons geloof.

5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin ashy wat glodat Jesus die Seun van God is?

6 Dit is Hy watdeur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; endit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.

7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

8 en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.

9 As ons die getuienis van die mense aanneem — die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van Godwat Hy aangaande sy Seun getuig het.

10 Wie in die Seun van God glo,het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie,het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.

11 En dit is die getuienis: dat God onsdie ewige lewe gegee het, endié lewe is in sy Seun.

12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

14 En dit isdie vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhooras ons iets vravolgens sy wil.

15 En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

16 As iemand sy broeder ’n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, enHy sal hom die lewe gee — vir die wat nie ’n sonde tot die dood doen nie.Daar is ’n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.

17 Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ’n sonde wat nie tot die dood is nie.

18 Ons weet datelkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.

19 Ons weet dat ons uit God is endie hele wêreld indie mag vandie Bose lê.

20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om dieWaaragtige te ken; en ons is in dieWaaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God endie ewige lewe.

21 Mykinders,bewaar julleself van die afgode. Amen.