ESÉGIËL 1

Eerste gesig van die gérubs. 1 IN die dertigste jaar, in die vierdemaand,op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was,is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien. 2 Op die vyfde van die maand — dit was die vyfde jaarvan die ballingskap van koning Jójagin […]

ESÉGIËL 2

Roeping van Eségiël. 1 EN Hy het vir my gesê:Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek. 2 En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het. 3 Hy sê toe […]

ESÉGIËL 3

1 DAARNA het Hy vir my gesê: Mensekind, eet op wat jy vind;eet hierdie rol op, en gaan spreek met die huis van Israel. 2 Toe het ek my mond oopgemaak, en Hy het my dié rol laat eet 3 en vir my gesê: Mensekind, laat jou buik eet, en vul jou ingewande met hierdie […]

ESÉGIËL 4

Voorspelling van die toekomstige beleg van Jerusalem. 1 EN jy, mensekind, neem vir jou ’n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop ’n stad, naamlik Jerusalem; 2 maak dan ’n beleëring daarteen enbou fortedaarteen en gooi ’n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom. 3 […]

ESÉGIËL 5

1 EN jy, mensekind, neem vir jou ’n skerp swaard; as skeermes moet jy dit vir jou neem,en laat dit gaan oor jou hoof en oor jou baard; daarna moet jy vir jou ’n weegskaal neem en diehareverdeel: 2 ’n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrandas die dae van die beleëring […]

ESÉGIËL 6

Profesie teen die berge van Israel. 1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê: 2 Mensekind,rig jou aangesig teen dieberge van Israel, en profeteer teen hulle 3 en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die HereHere! So sê die HereHerevir die berge en virdie heuwels en vir die klowe en […]

ESÉGIËL 7

Die einde kom! Die einde kom! 1 DAARNA het die woord van dieHeretot my gekom en gesê: 2 En jy, mensekind, so spreek die HereHeretot die land vanIsrael:Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land. 3 Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en […]

ESÉGIËL 8

Afskuwelikhede in die heiligdom bedrywe. 1 EN in die sesde jaar, in die sesdemaand,op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit endie oudstes van Juda voor my sit,het die hand van die HereHeredaar op my geval. 2 Ek kyk toe —en daar was ’n gestalte wat soos vuur gelyk het; van […]

ESÉGIËL 9

Kastydinge oor Jerusalem. 1 DAARNA het Hy hardop voor my ore geroep en gesê: Kom nader,geregsdienaars van die stad, en elkeen met sy verwoestende wapen in sy hand. 2 En kyk, ses manne kom met die pad vandie Boonste Poort wat na die noorde toe lê, en elkeen met sy wapen in sy hand om […]