OPENBARING 1

Naam en onderwerp van die boek.

1 DIEopenbaring van Jesus Christuswat God Hom gegee hetom aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deurdie sending vansy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,

2 wat getuig het vandie woord van God endie getuienis van Jesus Christus — alles wat hy gesien het.

3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor enbewaar wat daarin geskrywe is,want die tyd is naby.

Opdrag aan die sewe gemeentes van die provinsie Asië.

4 JOHANNES aandie sewe gemeentes in Asië:Genade vir julle en vrede van Homwat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,

5 en van Jesus Christus, die getrouegetuie,die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! AanHom wat ons liefgehad het enons van ons sondes gewas het in sy bloed

6 enons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

7 Kyk,Hy kommet die wolke, en elke oog sal Hom sien,ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here,wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Jesus verskyn aan Johannes op Patmos. Bevel om op te skrywe wat hy sien, en dit te stuur aan die sewe gemeentes.

9 EK, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille vandie woord van God en omdie getuienis van Jesus Christus.

10 Ek was in die Gees opdie dag van die Here, en ek het agter my ’n groot stem gehoor,soos van ’n basuin,

11 wat sê:Ek is die Alfa en die Oméga,die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ’n boek en stuur dit nadie sewe gemeentes wat in Asië is: naÉfese enSmirna enPérgamus enThiatíre enSardis enFiladelfía enLaodicéa.

12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien eksewe goue kandelaars,

13 en tussendie sewe kandelaars Eensoos die Seun van die mensmet ’n kleed aanwat tot op die voete hang,en gegord om die bors met ’n goue gordel.

14 Sy hoof enhare was wit soos wit wol, soos sneeu, ensy oë soos ’n vuurvlam,

15 ensy voete soos blink koper wat gloei soos in ’n oond, ensy stem soos die stem van baie waters.

16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ’n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

17 Entoe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan sy voete; enHy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie;Ek is die eerste en die laaste

18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek hetdie sleutels van diedoderyk en van die dood.

19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, diewat is,sowel as die wat gaan gebeur;

20 die verborgenheidvan die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

19 + thirteen =