OPENBARING 11

Die twee getuies.

1 EN’n riet soos ’n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God endie altaar en die wat daarin aanbid.

2 Maardie voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aandie heidene gegee; en hulle sal die heilige stadtwee-en-veertig maande lank vertrap.

3 En Ek sal aan mytwee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed,duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.

4 Hulle isdie twee olyfbome endie twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.

5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daarvuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.

6 Hulle het magom die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters,om dit in bloed te verander enom die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.

7 En wanneer hulle hulgetuienis voleindig het,sal die dier wat uitdie afgrond opkom,teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;

8 en hulle lykesal lêop die straat vandie groot stad wat geestelik genoem wordSodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.

9 En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ’n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.

10 Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdatdié twee profetedie bewoners van die aarde gepynig het.

11 En ná die drie en ’n halwe dag het ’ngees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ’n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.

12 En hulle het ’n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemelin die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.

13 En in dié uur het daar ’n groot aardbewing gekom, en’n tiende van die stad het geval, en seweduisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword enaan die God van die hemelheerlikheid toegebring.

14 Die tweede wee het verbygegaan; kyk, die derde kom gou.

Die sewende basuin.

15 ENdie sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê:Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en vansy Christus, enHy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

16 Endie vier-en-twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid

17 en gesê: Ons dank U, Here God, Almagtige,wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.

18 En die nasies was vertoornd, en utoorn het gekom endie tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.

19 Endie tempel van God het in die hemel oopgegaan, ensy verbondsark is in sy tempel gesien, en daarwas weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × five =