OPENBARING 5

Die boek met sewe seëls verseël. Die Lam alleen waardig om dit oop te maak.

1 EN ek het in die regterhand vanHom wat op die troon sit,’n boek gesien, van binne en van buite beskrywe enmet sewe seëls goed verseël.

2 En ek het ’n sterk engel gesien wat met ’n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?

3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.

4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.

5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk,die Leeuwat uit die stam van Juda is,die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar’n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings ensewe oë, watdie sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.

7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;

8 en toe Hy die boek neem, valdie vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen metsiters engoue skale vol reukwerk,wat die gebede van die heiliges is.

9 Toe sing hulle ’n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en hetons vir Godmet u bloedgekoop uitelke stam en taal en volk en nasie,

10 enhet ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.

11 Toe sien ek, en ek hoor ’n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal wastienduisende van tienduisende en duisende van duisende;

12 en met ’n groot stem het hulle gesê:Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvangdie krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: AanHom wat op die troon sit, en aandie Lam kom toe dielof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

14 Endie vier lewende wesens het gesê:Amen! En die vier-en-twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

20 + nineteen =