OPENBARING 19

Val van Babilon. Vreugde en oorwinningslied in die hemel.

1 EN ná hierdie dingehet ek iets soos ’n groot stem van ’n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja,die heil endie heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!

2 Wantsy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy hetdie groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, enHy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.

3 En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! Enhaar rook gaan op tot in alle ewigheid.

4 Endie vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê:Amen, Halleluja!

5 En ’n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, alsy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!

6 En ek het iets gehoor soosdie stem van ’n groot menigte ensoos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.

7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, wantdie bruilof van die Lam het gekom ensy vrou het haar gereed gemaak.

8 Enaan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

9 Toe sê hy vir my: Skryf —salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my:Dit is die waaragtige woorde van God.

10 Enek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê:Moenie! Ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broederswat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Wantdie getuienis van Jesus isdie gees van die profesie.

Oorwinning van Christus oor die dier en die valse profeet.

11 TOE het ekdie hemel geopend gesien; en daar was’n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoemGetrou enWaaragtig, enHy oordeel en voer oorlog ingeregtigheid.

12 Ensy oë was soos ’n vuurvlam, enop sy hoof was baie krone; en Hy het ’n Naam wat geskrywe is,wat niemand ken nie, behalwe Hy self.

13 En Hy was bekleed met’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is:Die Woord van God.

14 En die leërs in die hemel het Hom gevolgop wit perde, bekleedmet wit en rein fyn linne.

15 Enuit sy mond gaan daar ’n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; enHy sal hulle met ’n ysterstaf regeer, enHy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.

16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is:Die Koning van die konings en die Here van die here.

17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ’n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg:Kom hierheen en versamel julletot die maaltyd van die grote God,

18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees vanowerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.

19 En ek hetdie dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien,om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.

20 En die dier is gevange geneem, en saam met homdie valse profeet wat die tekensin sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlleverlei hetwat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het.Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.

21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan vanHom wat op die perd sit; enal die voëls is versadig van hulle vlees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 + four =