OPENBARING 4

Gesig van die troon. Die vier-en-twintig ouderlinge. Die vier lewende wesens.

1 NÁ hierdie dinge het ek gesien — kyk, ’n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat eksoos ’n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, enEk sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

2 En dadelikwas ek in die Gees, en kyk, daar staan’n troon in die hemel en Een sit op die troon.

3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steenjaspis ensardius; en rondom die troon was ’nreënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ’n smarag.

4 En rondom die troon was daarvier-en-twintig trone, en op die trone het ekdie vier-en-twintig ouderlinge sien sit,bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.

5 En daar hetweerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewevuurfakkels watdie sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;

6 en voor die troon was daar’n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troonvier lewende wesens vol oë van voor en van agter.

7 Endie eerste lewende wese was soos ’n leeu, en die tweede lewende wese was soos ’n kalf, en die derde lewende wese het ’n gesig gehad soos ’n mens, en die vierde lewende wese was soos ’n arend wat vlieg.

8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homselfses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê:Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige,wat was en wat is en wat kom!

9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,

10 val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê:

11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, wantU het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 + fourteen =