JOB 1

Job bly in teëspoed aan God getrou. 1 DAAR was ’n man in die landUs wie se naam wasJob; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een watafgewyk het van die kwaad. 2 En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore. 3 Daarby was sy besitting seweduisend stuks kleinvee […]

JOB 2

1 ENop ’n dag toe die seuns van God kom om hulle voor dieHerete stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor dieHerete stel. 2 Toe vra dieHerevir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord dieHereen sê: Van ’n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het. 3 En […]

JOB 3

Job vervloek sy geboortedag. 1 DAARNA het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek. 2 En Job het begin en gesê: 3 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: ’n Seun is ontvang. 4 Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie […]

JOB 4

Élifas is verwonderd dat Job, wat ander mense kon troos, nou self so moedeloos is. 1 TOE antwoordÉlifas, die Temaniet, en sê: 2 As ’n mens dit met ’n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou — wie kan dit? 3 Kyk, jy het baie mense tereggewys enslap hande versterk. 4 […]

JOB 5

Omdat niemand regverdig is voor God nie, is dit net die dwaas wat teen God opstaan en dientengevolge ’n ongeluk oor hom bring. 1 ROEP maar — is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van dieheiliges sal jy gaan? 2 Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood. 3 […]

JOB 6

Job antwoord dat Élifas sy bitter smart nie verstaan as hy dink dat hy sonder oorsaak klae nie. 1 MAAR Job het geantwoord en gesê: 2 Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in ’n skaal opgehef! 3 Ja, dan sou dit swaarder wees asdie sand van die see; daarom is […]

JOB 7

Die lewe is swaar, dié van Job veral. 1 HET die mens nie ’n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van ’n dagloner nie? 2 Soos ’n slaaf wat hyg nadie skaduwee, en soos ’n dagloner wat wag op sy werkloon, 3 so het ek erfgenaam geword vanmaande […]

JOB 8

Die dood van Job se kinders, sê Bildad, was ’n regverdige straf. As Job God smeek en as hy waarlik onskuldig is, sal alles weer regkom. 1 TOE hetBildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: 2 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond ’n geweldige wind wees? 3 Sou God […]

JOB 9

Hoe kan ’n mens by God regverdig wees? vra Job. Die hele natuur wys aan dat Hy onverstaanbaar is en ook geen rekenskap gee van sy dade nie. 1 MAAR Job het geantwoord en gesê: 2 Waarlik, ek weet dat dit so is; enhoe kan ’n mens regverdig wees by God? 3 As hy sou […]

JOB 10

Wat kan tog die bedoeling wees van soveel smart? 1 EK walg van my lewe; ek wil my geklaagdie vrye loop gee; ek wil spreekin die bitterheid van my siel. 2 Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis. 3 Is dit voordeel vir U dat U verdruk; […]