OPENBARING 17

Val van Babilon. Gesig van die groot hoer wat deur die dier verlei is.

1 ENeen vandie sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel vandie groot hoerwat op die baie waters sit,

2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde hetdronk geword van die wyn van haar hoerery.

3 En hy het myin die gees weggevoer na ’n woestyn, en ek het ’n vrou sien sit op ’n skarlakenrooi dier,vol godslasterlike name,met sewe koppe en tien horings.

4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierdmet goud en kosbare stene en pêrels, ensy het in haar hand ’n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;

5 en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe:Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

6 En ek hetdie vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed vandie getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

7 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal joudie verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra.

8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, ensal uit die afgrond opkom en nadie verderf vaar; en die bewoners van die aardewie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

9 Hierkom die verstand wat wysheid het, te pas.Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.

10 En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ’n kort tydjie bly.

11 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.

12 Endie tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.

13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.

14 Hullesal teen die Lam oorlog voer, endie Lam sal hulle oorwin — want Hy isdie Here van die here endie Koning van die konings — en diewat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.

15 En hy sê vir my:Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.

16 Endie tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak ennaak, enhaar vlees eet enhaar met vuur verbrand.

17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, enhulle heerskappy aan die dier te geetotdat die woorde van God volbring is.

18 En die vrou wat jy gesien het, isdie groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 3 =