OPENBARING 20

Die Satan duisend jaar gebind. Die gelowiges heers saam met Christus.

1 EN ek het ’n engel uit die hemel sien neerdaal,met die sleutel van die afgrond en ’n groot ketting in sy hand.

2 En hy hetdie draak gegryp —die ou slang wat die duiwel en die Satan is — en hyhet hom gebind duisend jaar lank,

3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit endit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ’n kort tydjie ontbind word.

4 En ek hettrone gesien, en hulle het daarop gaan sit, enaan hulle is die oordeel gegee; enek hetdie sielegesienvan die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en diewat die dier ensy beeld nie aanbid het nie, endie merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef enas konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit isdie eerste opstanding.

6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle hetdie tweede dood geen mag nie, maar hullesal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Homas konings regeer duisend jaar lank.

Die Satan word losgemaak en vir altyd oorwin.

7 EN wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satanuit sy gevangenis ontbind word;

8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is,die Gog en die Magog,om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.

9 Enhulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges endie geliefde stad omsingel, envuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.

10 En die duiwel wat hulle verlei het,is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

Die laaste oordeel.

11 EN ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesigdie aarde en die hemel weggevlug het; endaar is geen plek vir hulle gevind nie.

12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, endie boeke is geopen; en ’n ander boek,die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is,volgens hulle werke.

13 En die see het die dode gegee wat daarin was, endie dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.

14 Endie dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit isdie tweede dood.

15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 4 =