OPENBARING 18

Val van Babilon. Klaagtone op die aarde.

1 EN ná hierdie dinge het ek’n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, endie aarde is verlig deur sy heerlikheid.

2 En hy het met ’n groot stem kragtig uitgeroep en gesê:Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste en ’n versamelplek vanallerhande onreine en haatlike voëls,

3 omdatal die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, endie konings van die aarde met haar gehoereer het, endie handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.

4 En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê:Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, enGod het haar ongeregtighede onthou.

6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke.Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.

7 Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê:Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie —

8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; enmet vuur sal sy verbrand word, wantsterk is die Here God wat haar oordeel.

9 Endie konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, saloor haar ween en oor haar weeklaagwanneer hulle die rook van haar verbranding sien,

10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê:Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!

11 Endie handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie,

12 koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer

13 en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe enmensesiele.

14 En die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie.

15 Die handelaars in hierdie dinge,wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe en sê:

16 Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!

17 En elkestuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan

18 en het uitgeroep toe hulle die rook van haar verbranding sien, en gesê:Watterstadis soos die groot stad?

19 Enhulle het stof op hul hoofde gegooi enonder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!

20 Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdatGod julle oordeel aan haar voltrek het!

21 En een sterk engelhet ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê:So, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.

22 Endie stem van siterspelers ensangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie, en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie, endie geluid van die meul sal nooit meer in jou gehoor word nie.

23 En die lig van ’n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, endie stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; wantjou handelaars was die grotes van die aarde; wantdeur jou towery is al die nasies verlei.

24 Endie bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en vanalmal wat op die aarde gedood is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × three =