II PETRUS 1

Opskrif en seëngroet.

1 SÍMEON Petrus,’n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ’n kosbare geloof as ons verkry hetdeur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:

2 Mag genade en vrede vir julle vermeerder worddeur die kennis van God en Jesus, onse Here!

Vermaning om die Christelike deugde in beoefening te bring.

3 IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe engodsvrug dien, deurdie kennis van Hom wat ons geroep het deursyheerlikheid en deug,

4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeurdeelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deugdie kennis,

6 en by die kennisdie selfbeheersing, en by die selfbeheersingdie lydsaamheid, en by die lydsaamheiddie godsvrug,

7 en by die godsvrugdie broederliefde, en by die broederliefdedienaasteliefde.

8 Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;

9 want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie,is blind en kortsigtig, en het diereiniging van sy vorige sondes vergeet.

10 Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julleroeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen,sal julle nooit struikel nie.

11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingangin die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.

12 Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie,alhoewel julle dit weet envasstaan in die waarheid wat by julle is.

13 En ek beskou dit as reg, so lank as ek inhierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,

14 omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is,soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.

15 En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig ná my heengaan hierdie dinge in gedagtenis kan hou.

16 Want ons het nie kunstig verdigtefabels nagevolg toe ons julle die krag enkoms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maarons was aanskouers van sy majesteit;

17 want Hy het van God die Vadereer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het:Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.

18 En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.

19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en diemôrester opgaan in julle harte;

20 terwyl julle veral dít moet weet, datgeen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie;

21 wantgeen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar,deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

II PETRUS 2

Die valse leraars.

1 MAARdaar was ook valse profete onder die volk, net soosdaar onder julle valse leraars sal wees wat verderflikeketterye heimlik sal invoer, en ookdie Herewat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring;

2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil saldie weg van die waarheid gelaster word;

3 enuit hebsug sal hullemet verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.

4 Want as Goddie engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maarhulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;

5 endie ou wêreld nie gespaar het nie,maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;

6 endeur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ’n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;

7 endie regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oordie losbandige lewe van die sedelose mense;

8 want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het,dag vir dag sy regverdige siel gepynig oorhullewettelose werke —

9 die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;

10 en veraldie wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel enaanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesenste belaster nie,

11 terwyldie engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.

12 Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie,soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan

13 endie loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheidoordag ’n genot; hulle isskandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieëryeas hulle met julle saamsmul;

14 met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ’n hart geoefen in hebsug,hulleis kinders van die vervloeking.

15 Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg vanBíleam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het,

16 maar die bestraffing van sy eie oortreding ontvang het:die stom lasdier het met die stem van ’n mens gepraat en die waansinnigheid van die profeet verhinder.

17 Hulle iswaterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ’n stormwind,vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.

18 Wantdeur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.

19 Hulle belowevryheid aan hulle, terwyl hulle selfslawe van die verdorwenheid is; want waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword.

20 Want as hulle, nadat hulle deurdie kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulledie laaste erger geword as die eerste.

21 Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.

22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê:Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.

II PETRUS 3

Die wederkoms van die Here.

1 DIT is reeds die tweede brief, geliefdes, wat ek aan julle skrywe. In albei wil ek deur herinnering jullesuiwere gesindheid opwek,

2 sodat julle die woorde kan onthouwat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser.

3 Dit moet julle veral weet, dat daaraan die einde van die dae spotters sal kom watvolgens hulle eie begeerlikhede wandel

4 en sê:Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

5 Want moedswillig vergeet hulledat daar van lankal af hemele was en ’n aarde wat uit water en deur water ontstaan hetdeur die woord van God,

6 waardeur die toenmalige wêreldmet water oorstroom is en vergaan het.

7 Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ’n skat weggelê en word virdie vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

8 Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is enduisend jaar soos een dag.

9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hyis lankmoedig oor ons enwil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maardat almal tot bekering moet kom.

10 Maardie dag van die Here sal kom soos’n dief in die nag, waarindie hemele met gedruis sal verbygaan endie elemente sal brand en vergaan, endie aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

11 Terwyl al hierdie dinge dan vergaan,hoedanig moet julle nie wees in heiligewandel en godsvrug nie? —

12 julle wat die koms vandie dag van God verwag en verhaas, waardeurdie hemele deur vuur sal vergaan endie elemente sal brand en versmelt.

13 Maar ons verwag volgens sy beloftenuwe hemele en ’n nuwe aardewaarin geregtigheid woon.

14 Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julledat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.

15 En agdie lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,

16 net soos in al die briewe.Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.

17 Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes,moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.

18 Maar julle moet toeneem in die genade enkennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

I PETRUS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PETRUS, ’n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van dieverstrooiing inPontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië,

2 uitverkore volgensdie voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid enbesprenkeling met die bloed van Jesus Christus:Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!

Danksegging weens die hoop op die saligheid.

3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid onsdie wedergeboorte geskenk het tot ’n lewende hoopdeur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,

4 sodat ons ’n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, watin die hemele bewaar is vir ons

5 watin die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.

6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou — as dit nodig is —’n kort tydjie bedroef onderallerhande beproewinge,

7 sodatdie beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maardeur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof eneer en heerlikheidby die openbaring van Jesus Christus;

8 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle,al sien julle Hom nou nie, tog glo enjulle verbly met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap,

9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

10 Aangaande hierdie saligheid hetdie profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,

11 en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyddie Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom endie heerlikheid daarna.

12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het indie Heilige Gees wat van die hemel gestuur is — dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

Vermaning om heilig te wees.

13 DAAROM,omgord die lendene van julle verstand,wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel wordby die openbaring van Jesus Christus.

14 Soos gehoorsame kindersmoet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevorein julle onwetendheid bestaan het nie.

15 Maarsoos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul helelewenswandel heilig word,

16 omdat daar geskrywe is:Wees heilig, want Ek is heilig.

17 En as julle Hom as Vader aanroep watsonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan invrees gedurende die tyd van jullevreemdelingskap;

18 omdat julle weet dat julle nie deurverganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydelelewenswandel watdeur die vaders oorgelewer is nie,

19 maardeur die kosbare bloed van Christus, soos van’n lamsonder gebrek en vlekkeloos,

20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maarin hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,

21 julle wat deur Hom glo in GodwatHom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.

22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheidjulle siele deur die Gees tot ongeveinsdebroederliefdegereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ’n rein hart;

23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike,deur dielewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

24 Wantalle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,

25 maardie woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit isdie woord wat aan julle verkondig is.

I PETRUS 2

1 LÊ dan af alle boosheid enalle bedrog en geveinsdheid en afguns en allekwaadpratery;

2 en verlang sterk soospasgebore kindertjies na die onvervalstemelk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,

3 as julle ten minstegesmaak het dat die Heregoedertieren is.

4 Kom na Hom toe, die lewende steen watdeur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;

5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot’n geestelike huis,’n heilige priesterdom,om geestelike offers te bring wataan God welgevallig is deur Jesus Christus.

6 Daarom staan dit ook in die Skrif:Kyk, Ek lê in Sion ’n uitverkore en kosbare hoeksteen, endie wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.

7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowigesgeld die woord:Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword; en:’n Steen van aanstoot en ’n rots van struikeling —

8 vir diéwat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is,waarvoor hulle ook bestem is.

9 Maar julle is’n uitverkore geslag, ’nkoninklike priesterdom,’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julleuit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

10 jullewat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

Die eerbare lewenswandel onder die heidene. Onderwerping aan die owerheid.

11 GELIEFDES, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeerteswat stryd voer teen die siel;

12 enhou jullelewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos vankwaaddoeners, hulleop grond vandie goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag vanbesoeking.

13 Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here — of dit die koning is as opperheer,

14 of die goewerneurs as sy gesante,om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.

15 Want so isdit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,

16 as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ’n dekmantel vir die boosheid nie, maar asdiensknegte van God.

17 Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.

Pligte van Christelike diensknegte.

18 DIENSKNEGTE,wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.

19 Want dit is genadeas iemand,ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.

20 Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word?Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly — dit is genade by God.

21 Wanthiertoe is julle geroep, omdatChristus ook vir julle gely het en julle ’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;

22 Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;

23 wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;

24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het,sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe;deur wie se wonde julle genees is.

25 Wantjulle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeerna die Herder en Opsiener van julle siele.

I PETRUS 3

Pligte van vroue en mans.

1 NET somoet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ookdeur die wandel van die vrouesonder woorde gewin kan word

2 as hulle jul reine, godvresendewandel aanskou het.

3 Julle versiering moet nie uiterlik wees nie:haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,

4 maardie verborge mens van die hart in die onverganklikeversieringvan ’n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.

5 Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, enhulle was aan hul eie mans onderdanig,

6 soos Sara gehoorsaam was aan Abraham enhom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.

7 Net so moetjulle, manne,verstandig met hulle saamlewe en aandie vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is —sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

Broederliefde, geduld, verdrukking.

8 EN eindelik, wees almaleensgesind, medelydend, vol broederliefde enontferming, vriendelik.

9 Vergeld geen kwaad met kwaad ofskeldwoorde met skeldwoorde nie, maarseën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

10 Wantwie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.

11 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.

12 Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.

13 En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?

14 Maaras julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid,salig is julle. Envrees hulle glad nie, enwees nie ontsteld nie.

15 Maarheilig die Here God in julle harte enwees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, metsagmoedigheid en vrees;

16 metbehoud van ’n goeie gewete,sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeielewenswandel in Christusbelaster.

17 Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.

18 Want Christus het ookeenmaalvir die sondes gely, Hydie Regverdige vir die onregverdiges,om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is nadie vlees, maarlewend gemaakdeur die Gees;

19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het virdie geeste in die gevangenis,

20 wat eertyds ongehoorsaam wastoe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag,onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

21 waarvandie teëbeeld,die doop, ons nou ookred, nie as ’n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ’n bede tot God om’n goeie gewete —deur die opstanding van Jesus Christus

22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele enmagte en kragteaan Hom onderwerp is.

I PETRUS 4

1 OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, datwie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,

2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgensdie begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgensdie wil van God.

3 Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyddie wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofdeafgoderye.

4 Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie,en hulle laster.

5 Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staanom die lewende en die dode te oordeel.

6 Want daarom is ookaan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.

7 Endie einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter,om te kan bid.

8 Maar bo allesmoet julle mekaar vurig liefhê,want die liefde sal ’n menigte sondes bedek.

9 Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.

10 Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeiebedienaars van die veelvuldige genade van God.

11 As iemand spreek, laat dit weessoos woorde van God; as iemanddien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodatGod in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus,aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.

12 Geliefdes, verbaas julle nie oordie vuurgloedvan vervolgingonder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;

13 maar namate jullegemeenskap het aan die lyde van Christus, moet jullebly wees, sodat julle ookby die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.

14 As julle beledig wordoor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus.Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.

15 Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of aseen wat hom met die sake van ’n ander bemoei nie.

16 Maar wanneer iemand as’n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.

17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin bydie huis van God. Enas dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

18 Enas die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?

19 So laat dan ook die wat volgensdie wil van God ly,hulle sieleaan Homas die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.

I PETRUS 5

Pligte van ouderlinge en jongmense. Vermaning om nederig en waaksaam te wees.

1 EK vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ’nmede-ouderling engetuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:

2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik;nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;

3 ook nie as heersers oordie erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.

4 En wanneerdie Opperherder verskyn, sal julledie onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

5 Net so moet julle, jongeres, aandie oueres onderdanig wees; enwees almal metootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, wantGod weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander,die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet datdieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

Wense en groete.

10 EN mag die God van alle genade self,wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ’n kort tyd gely het,julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

11 Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

12 DeurSilvánus, die getroue broeder,soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die waregenade van God is waarin julle staan.

13 Die mede-uitverkorene in Babilon enMarkus, my seun, groet julle.

14 Groet mekaar met ’n kus van liefde.Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.

JAKOBUS 1

Opskrif en seëngroet.

1 JAKOBUS, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus,aan die twaalf stammewat in die verstrooiing is: Groete!

Die beproewinge en versoekinge.

2 AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,

3 omdat julle weetdat die beproewing van julle gelooflydsaamheid bewerk.

4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat jullevolmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

5 En as iemand van julle wysheid kortkom,laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

6 Maarhy moet in die geloof bid,sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie —

8 so ’n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

9 Maar laat die broeder wat gering is,roem in sy hoogheid,

10 en die rykein sy geringheid, wantsoos ’n blom van die gras sal hy verbygaan.

11 Want die son gaan op met sy hitte enlaat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.

12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hydie kroon van die lewe ontvangwat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

14 Maar elkeen word versoek as hy deursy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.

15 Daarna,as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het,bring dit die dood voort.

16 Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.

17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, vandie Vader van die ligte,by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

18 Volgens sy wilhet Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid,sodat ons aseerstelinge van sy skepsele kan wees.

Daders van die woord.

19 SO dan, my geliefde broeders, elke mens moetgou wees om te hoor,stadig om te praat,stadig om toornig te word.

20 Want die toorn van ’n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.

21 Daarom,doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord,wat in staat is om julle siele te red.

22 Enword daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

23 Wantas iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’nspieël sien;

24 want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

25 Maar hy wat diep insien in die volmaaktewet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.

26 As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is ensy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.

27 Reine en onbesmette godsdiens voorGod en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek enjou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.

JAKOBUS 2

Aanneming van die persoon word veroordeel.

1 MY broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus,die Herevan die heerlikheid,nie wees met aanneming van die persoon nie.

2 Want as daar in julle vergadering ’n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ’n pragtige kleed aan, en daar kom ook ’n arm man in met vuil klere aan;

3 en as julle opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u op hierdie goeie plek sit, en vir die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit —

4 het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?

5 Luister, my geliefde broeders — het God niedie armes van hierdie wêrelduitverkies asrykes in die geloof enerfgename van die koninkrykwat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?

6 Maar julle het diearm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en jullevoor die regbanke sleep nie?

7 Is dit nie hullewat die edele Naam belasteroor julle aangeroep is nie?

8 As julle ewenweldie koninklike wet volbring volgens die Skrif:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.

9 Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.

10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel,het aan almal skuldig geword.

11 Want Hy wat gesê het:Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ’n oortreder van die wet geword.

12 Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deurdie wet van vryheid geoordeel sal word.

13 Wantdie oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.

Nutteloosheid van geloof sonder werke.

14 WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?

15 As daar nou ’n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,

16 eneen uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig,maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit?

17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jouuit my werke my geloof toon.

19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwelsglo dit ook, en hulle sidder.

20 Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloofsonder die werke dood is?

21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdigtoe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?

22 Sien jydat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?

23 Endie Skrif is vervul wat sê:En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is’n vriend van God genoem.

24 Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?

25 En isRagab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ’n ander pad weggestuur het nie?

26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.