OPENBARING 15

Sewe engele en sewe skale, of die laaste plae.

1 EN ek het’n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik:sewe engele met die sewe laaste plae, wantdaarmee is die grimmigheid van God voleindig.

2 En ek het gesien iets soos’n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oordie dier en oorsy beeld enoor sy teken, oordie getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan,met siters van God.

3 En hulle hetdie lied gesing van Moses, die dienskneg van God, endie lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige;regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!

4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen isheilig; wantal die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.

5 En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk,die tempel vandie tent van die getuienisin die hemel is geopen.

6 Endie sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom,bekleed met rein, blink linne,en om die bors omgord met goue gordels.

7 En een vandie vier lewende wesens het aan die sewe engele sewegoue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.

8 Endie tempel het vol rook geworduit die heerlikheid van God en uit sy krag, enniemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen + fourteen =