JESAJA 21

Die ondergang van Babel. 1 GODSPRAAK oor die woestynvan die see.Soos stormwinde in die Suidland deurtrek, kom dit uit die woestyn, uit ’n vreeslike land! 2 ’n Harde gesig is my te kenne gegee:Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes.Trek op, Elam! Beleër,Medië! Aan alle gesug maak Ek ’n einde. 3 Daarom is my […]

JESAJA 22

Die ligsinnige Jerusalem. 1 GODSPRAAK oordie dal van die gesig. Wat is dit dan met jou dat jy, jou hele bevolking, op die dakke geklim het, 2 rumoerige, woelige stad,uitgelate vesting? Die wat in jou verslaan is, is nie deur die swaard verslaan en het nie in die oorlog gesterwe nie. 3 Al jou owerstes […]

JESAJA 23

Verwoesting en herstel van die stad Tirus. 1 GODSPRAAK oorTirus. Huil, skepe van Tarsis! want dit is verwoes, sodat daar geen huis, geen terugkeer meer is nie. Uit die land vandie Kittiërs het dit aan hulle openbaar geword. 2 Staan verstom, inwoners van die kusland! Die koopmans van Sidon wat oor die see vaar, het […]

JESAJA 24

Die voleinding. Die wêreldgerig. 1 KYK, dieHeremaak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners. 2 Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en […]

JESAJA 25

Die triomf. 1 HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; wantU het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheidentrou. 2 Want U hetvan ’n stad ’n hoop klippe gemaak, van ’n versterkte vesting ’n puinhoop; ’n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig […]

JESAJA 26

Die regverdiging van die Here. 1 IN dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: ’n Sterk stad het ons;Godstel heil tot mure en skanse. 2 Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar! 3 U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle […]

JESAJA 27

Verlossing van Israel uit die wêreldmag. 1 IN dié dag sal dieHeremet sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oordie Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; enHy sal die draak doodmaak wat in die groot water is. 2 In dié dag sal daar wees’n wingerd van skuimende wyn […]

JESAJA 28

Die kosbare Hoeksteen. 1 WEEdie trotse kroon van die dronkaards van Efraim, enweedie blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is. 2 Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is,soos ’n haelstorm, ’n storm vol verwoesting, soos ’n […]

JESAJA 29

Die wonderbare weë van God met Jerusalem. 1 WEEÁriël, Áriël, stadwaar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring — 2 dan sal Ek Áriël benoud maak, en daar sal geklaag en geklag wees, en dit sal vir My soos Áriël wees. 3 En Ek sal in ’n kring […]

JESAJA 30

Profesie teen die Egiptiese bondgenootskap. 1 WEE die opstandige kinders, spreek dieHere,wat ’n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie;wat ’n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie,om sonde op sonde te stapel; 2 wat gaanom na Egipte af te trek, enhulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek […]