JESAJA 27

Verlossing van Israel uit die wêreldmag.

1 IN dié dag sal dieHeremet sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oordie Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; enHy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.

2 In dié dag sal daar wees’n wingerd van skuimende wyn —sing daarvan!

3 Ek, dieHere, bewaak dit: elke oomblik sal Ek hom bevogtig; Ek sal hom nag en dag bewaak, sodat niks hom kan tref nie.

4 Geen grimmigheid is by My nie.Kry Ek doringofdistel, in oorlog sou Ek daarop aanval, dit alles saam verbrand.

5 Of hulle moetmy beskutting aangryp, vrede met My maak, vrede met My maak.

6 In die dae wat kom, sal Jakobwortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.

7 Het Hy hom geslaan met die slag wat sy teëstander getref het? Of is hy gedood met ’n slagting soos die wat deur Hom gedood is?

8 Met mate het U met hom afgereken toe U hom verstoot het; Hy het hom verdrywe met sy geweldige wind op die dag van die oostewind.

9 Daarom sal hiermee die skuld van Jakob versoen word, en dit is die volle vrug van die wegneming van sy sonde: as hy al die altaarklippe maak soos verbryselde kalkklippe,die heilige boomstamme en die sonpilare nie meer oprys nie.

10 Want die versterkte stad is eensaam, ’n woning wat ontvolk en verlate is soos die woestyn;daar wei kalwers en daar lê hulle, en hulle eet sy takke af.

11 As sy takke verdor het, word hulle afgebreek; vroue kom en steek dit aan die brand; want dit is ’nvolk sonder verstand. Daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie en sal hulleFormeerder aan hulle geen genade bewys nie.

12 En indié dag sal dieHerevrugteafslaan, vandie stroom van die Eufraat af tot bydie spruit van Egipte, en júlle sal ingesamel word, een vir een, o kinders van Israel!

13 Enin dié dag sal daarmet ’n groot basuin geblaas word; dan sal kom die wat verlore is in die land Assur endie wat verdryf is in Egipteland, enhulle sal dieHereaanbid op die heilige berg in Jerusalem.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × 2 =