JESAJA 25

Die triomf.

1 HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; wantU het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheidentrou.

2 Want U hetvan ’n stad ’n hoop klippe gemaak, van ’n versterkte vesting ’n puinhoop; ’n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.

3 Daarom sal ’n magtige volk U eer,die vesting van tirannieke nasies U vrees.

4 Want U was’n vesting vir die arme, ’n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was;’n skuilplek teen die stortreën, ’n skaduwee teen die hitte — want die geblaas van die tiranne is soos ’n stortreën teen ’n muur.

5 Soos hitte in ’n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp,sooshitte deur die skaduwee van ’n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.

6 En dieHerevan die leërskare sal ophierdie berg vir al die volke berei ’nmaaltyd van vetspyse, ’n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.

7 En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, endie omhulsel waarmee al die nasies bedek is.

8 Hy sal die dood vir ewig vernietig, en dieHereHeresal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want dieHerehet dit gespreek.

9 En hulle sal indié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is dieHereop wie ons gewag het:laat ons juig en bly wees oor sy hulp.

10 Want die hand van dieHeresal rus op hierdie berg; maarMoab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van ’n miskuil.

11 En as hy sy hande daarin uitsprei soos ’n swemmer dit uitsprei om te swem, dan sal Hy sy trotsheid afdruk tegelyk met die kunsgrepe van sy hande.

12 En diesteil versterkings van jou mure werp Hy neer, gooi Hy af, laat Hy kom tot op die grond, tot in die stof.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × two =