JESAJA 22

Die ligsinnige Jerusalem.

1 GODSPRAAK oordie dal van die gesig. Wat is dit dan met jou dat jy, jou hele bevolking, op die dakke geklim het,

2 rumoerige, woelige stad,uitgelate vesting? Die wat in jou verslaan is, is nie deur die swaard verslaan en het nie in die oorlog gesterwe nie.

3 Al jou owerstes het almal saam gevlug, sonder boog is hulle gebind; almal wat in jou gegryp is, is almal saam gebind; hulle het ver weggevlug.

4 Daarom sê ek: Kyk weg van my af, dat ek bitterlik kan ween; dring nie aan om my te troos oor die verwoesting van die dogter van my volk nie;

5 want dit is ’ndag van rumoer en vertrapping en verwarring deur die Here,dieHerevan die leërskare, in die dal van die gesig — omgooi van mure en geskreeu na die gebergte toe!

6 EnElam het die pylkoker geneem, met waens, manskappe, ruiters; enKir het die skild ontbloot.

7 Dan word jou beste dale met strydwaens gevul, en die ruiters staan gereed in die rigting van die poort;

8 en die beskutting van Juda word weggeneem. En in dié dag kyk jy na die wapens in dieHuis van die Bos,

9 en julle sien die skeure van die stad van Dawid, dat hulle baie is,en julle vang die waters van dieOnderste Dam op.

10 En julle tel die huise van Jerusalem, en die huise breek julle af om die muur te versterk.

11 En julle maak ’n dam tussen die twee mure vir die water van die Ou Dam; maar julle kyk nie na Hom wat dit gedoen het nie, en Hom wat dit lankal beskik het, sien julle nie.

12 En in dié dag roep die Here, dieHerevan die leërskare,tot geween en tot rouklag entot kaalskering en tot omgording van die roukleed;

13 maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink,met die woorde:Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.

14 Maar dieHerevan die leërskare het Hom in my ore geopenbaaren gesê:Waarlik, hierdie ongeregtigheid word vir julle nie versoen totdat julle sterwe nie! sê die Here, dieHerevan die leërskare.

Straf oor Sebna. Verheffing van Éljakim.

15 SO sê die Here, dieHerevan die leërskare: Kom, gaan in by daardie bestuurder, bySebna, wat oor die paleis aangestel is,en sê:

16 Wat het jy hier, en wie het jy hier, dat jy vir jou hier ’n graf uitgekap het soos een wat in die hoogte sy graf uitkap, wat in die rots vir hom ’n woning uithol?

17 Kyk, dieHeresal jou wegslinger, soos ’n man iets wegslinger, en jou vas inmekaar rol,

18 jou vas inmekaar draai soos ’n tol garing,jousoos ’n balwegslingerna ’n land wat alkante toe wyd is; daar sal jy sterwe, en daar sal jou pronkwaens wees, o skandvlek van die huis van jou heer!

19 En Ek sal jou wegstoot uit jou pos, en uit jou plek sal Hy jou wegruk.

20 En in dié dag sal Ek my knegÉljakim, die seun van Hilkía, roep;

21 en Ek sal hom jou gewaad aantrek en hom gord met jou gordel, en jou mag sal Ek in sy hand lê, en hy sal vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van Juda ’n vader wees.

22 En Ek sal die sleutel van die huis van Dawidop sy skouer lê;en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.

23 En Ek sal hom inslaansoos ’n pen in ’n vaste plek, en hy sal’n eretroon wees vir die huis van sy vader.

24 En hulle sal aan hom ophang die hele swaarte van die huis van sy vader, die spruite en die wilde lote, al die klein huisraad, van komme af tot allerhande kruike toe.

25 In dié dag, spreek dieHerevan die leërskare, saldie pen padgee wat in ’n vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, endie drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, wantdieHerehet dit gespreek.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × 5 =