JESAJA 28

Die kosbare Hoeksteen.

1 WEEdie trotse kroon van die dronkaards van Efraim, enweedie blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is.

2 Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is,soos ’n haelstorm, ’n storm vol verwoesting, soos ’n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.

3 Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim;

4 en die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos ’n voorvy voor die vrugte-oes: iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg.

5 Indié dag sal dieHerevan die leërskare wees tot ’n sierlike kroon en ’n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk,

6 en tot ’n gees van strafgerig vir hom wat sit oor die gereg, en tot ’n sterkte vir hulle wat die geveg terugdringna die poort toe.

7 En ook diemannehierwankel deur die wyn enwaggel deur sterk drank;priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.

8 Want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sodat daar geen plek is nie.

9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?

10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie.

11 Ja, Hy sal deurlippe wat hakkel, en deur ’n vreemde tong met hierdie volk spreek,

12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.

13 Daarom sal die woord van dieHerevir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.

14 Daarom, hoor die woord van dieHere,julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!

15 Omdat julle sê: Ons het ’n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons ’n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek —

16 daarom, so sê die HereHere:Kyk, Ek lê in Sion’n grondsteen,’n beproefde steen, ’n kosbare hoeksteenwat vas gegrondves is;hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

17 En Ek sal die reg tot ’nriglyn maak, en die geregtigheid tot ’n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.

18 En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende gésel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word.

19 So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so ’n openbaring te verneem.

20 Want die bed sal te kort wees dat iemand hom daarop kan uitrek, en die kombers te smal dat iemand hom daarin kan toedraai.

21 Want dieHeresal Hom gereed maak soos bydie berg Pérasim; Hy sal aanstorm soos indie dal by Gíbeon om sy werk te doen — vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig — ongehoord is sy daad!

22 Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die HereHerevan die leërskare gehoor’n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.

23 Luister, en hoor na my stem; let op, en hoor my woord!

24 Ploeg die ploeër die hele dag om te saai?Skeur hy sy akker oop, en eg hydie hele dag?

25 Is dit nie só nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant.

26 En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.

27 Want swart komyn word nie met die slee gedors nie, en die wawiel word nie oor komyn gerol nie; maar swart komyn word uitgeslaan met ’n stok en komyn met ’n hout.

28 Word broodkoring fyngestamp? Nee, nie altyddeur dors hulle dit nie; en al dryf hulle die wawiel en die perde daaroor — hulle stamp dit nie fyn nie.

29 Ook dit kom van dieHerevan die leërskare:Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

13 − 4 =