JESAJA 23

Verwoesting en herstel van die stad Tirus.

1 GODSPRAAK oorTirus. Huil, skepe van Tarsis! want dit is verwoes, sodat daar geen huis, geen terugkeer meer is nie. Uit die land vandie Kittiërs het dit aan hulle openbaar geword.

2 Staan verstom, inwoners van die kusland! Die koopmans van Sidon wat oor die see vaar, het jouvroeërgevul.

3 En op groot waters is die saad vanSigor, die oes van die Nyl, in hom ingebring; en so het hy ’nhandelswins vir die nasies geword.

4 Staan beskaamd, Sidon, want die see, die vesting van die see, spreek en sê: Ek het geen weë gehad en nie gebaar nie, en ek het geen jongmanne grootgemaakofjongedogters opgevoed nie.

5 As die tyding na Egipte kom, beef hulledaarvan angs by die tyding aangaande Tirus.

6 Vaar na Tarsis oor, huil, inwoners van die kusland!

7 Is dít julle uitgelatestadwat in die dae van die voortyd sy oorsprong het, wie se voete hom ver weggedra het om in vreemde lande te vertoef?

8 Wie het dit besluit oor Tirus, die uitdeler van krone, wie se koopmans vorste, wie sehandelaars die edeles van die aarde was?

9 DieHerevan die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.

10 Stroom oor jou land soos die Nyl, dogter van Tarsis! Daar is geen gordel meerwat hinder nie.

11 Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! DieHerehet bevel gegee met betrekking tot Kanaän, dat sy vestings verwoes moet word.

12 En Hy het gesê: Jy sal verder nie meer uitgelate wees nie, o onteerde jonkvrou, dogter van Sidon! Maak jou klaar, vaar oor na die Kittiërs toe; ook daar sal jy geen rus hê nie.

13 Kyk, die land van die Chaldeërs — dit is die volk wat tot niet gegaan het: Assur het ditbestem vir die woestyndiere, het sy wagtoringsdaarteenopgerig, het die paleise daarvan verwoes, het dit ’n puinhoop gemaak.

14 Huil, skepe van Tarsis, want julle vesting is verwoes!

15 En in dié dag sal Tirus vergeet word,sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan volgens die hoerelied:

16 Neem die siter, gaan rond in die stad, vergete hoer! Speel mooi, sing baie, dat hulle aan jou kan dink.

17 En aan die einde van sewentig jaar sal dieHereop Tirus ag gee, en sy sal terugkeer na haar hoereloon enhoereer met al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is.

18 Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan dieHereheilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die aangesig van dieHerewoon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one + 20 =