JESAJA 21

Die ondergang van Babel.

1 GODSPRAAK oor die woestynvan die see.Soos stormwinde in die Suidland deurtrek, kom dit uit die woestyn, uit ’n vreeslike land!

2 ’n Harde gesig is my te kenne gegee:Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes.Trek op, Elam! Beleër,Medië! Aan alle gesug maak Ek ’n einde.

3 Daarom is my heupe vol siddering, weë het my aangegryp soos die weë van een wat baar; ek buig my krom, sodat ek nie hoor nie; ek is verskrik, sodat ek nie sien nie.

4 My hart duisel, angs oorval my; dit maak vir mydie skemeraand wat ek liefhet, tot ’n verskrikking.

5 Hulle maak die tafel gereed, hulle sprei die tapyt, hulle eet, drink … Staan op, o vorste, salf die skild!

6 Want so het die Here vir my gesê: Gaan heen, sit ’n wag uit; laat hom te kenne gee wat hy sien;

7 en sien hy’n stoet ruiters, twee aan twee, ’n stoet esels, ’n stoet kamele, dan moet hy skerp luister, so skerp as hy kan.

8 En hy het geroepsoos’n leeu.Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.

9 En kyk, daar kom ’n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê:Geval, geval het Babel, en hulle het aldie gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond.

10 oMy vertrapte engedorste volk, wat ek gehoor het van dieHerevan die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.

Profesie teen Edom.

11 GODSPRAAK oorDuma. Daar roep een my toe vanSeïr af: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver in die nag?

12 Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.

Profesie teen Arabië.

13 GODSPRAAK teenArabië. In die bos in Arabië moet julle vernag, karavane van dieDedaniete!

14 Bring vir die dorstige water tegemoet! Die inwoners van die land Tema het die vlugteling met brood teëgekom.

15 Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog.

16 Want so het die Here vir my gesê: Binne ’n jaar —soos die jare van ’n dagloner — sal al die heerlikheid vanKedar verdwyn.

17 En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want dieHere, die God van Israel, het dit gespreek.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − one =