JESAJA 29

Die wonderbare weë van God met Jerusalem.

1 WEEÁriël, Áriël, stadwaar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring —

2 dan sal Ek Áriël benoud maak, en daar sal geklaag en geklag wees, en dit sal vir My soos Áriël wees.

3 En Ek sal in ’n kring teen jou laer opslaan en jou met wagposte beleër en skanse teen jou oprig.

4 Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soosdié van die gees van ’n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.

5 Maar die menigtevan jou vyande sal word soos dun stof, en die menigte van die tiranne sooskaf wat wegwaai; en dit salheeltemal onverwags gebeur.

6 Vanweë dieHerevan die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van ’n verterende vuur.

7 En soos ’n droom, ’n naggesig, saldie menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen Áriël, ja, almal wat teen hom oorlog toe treken teen sy bergvesting en hom benoud maak.

8 En soos ’n hongerigedroom dat hy eet, maar hy word wakker en — sy siel is leeg; en soos ’n dorstige droom dat hy drink, maar hy word wakker en — hy is moeg en sy siel versmag: só sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen die berg Sion.

9 Vertoef, en verwonder julle! Wees blind en verblind!Hulle is dronk,maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie.

10 WantdieHerehet oor julle uitgegiet ’n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë —die profete —toegesluit en julle hoofde — die sieners — toegebind.

11 So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ’nverseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.

12 Of hulle gee die boek aan iemand wat nie kan lees nie, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie lees nie.

13 En die Here het gesê:Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ’naangeleerde mensegebod is,

14 daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; endie wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.

15 Weehulle wat planne diep verberg vir dieHere, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?

16 oJulle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei,dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?

17 Sal dit nie nog ’n baie kort rukkie duur datdie Líbanon in ’n vrugteboord verander word, endie vrugteboord vir ’n bos gereken word nie?

18 Enin dié dagsal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.

19 En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in dieHere,en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.

20 Wantgedaan is dit met die tiran,en klaar is dit met die spotter, en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is —

21 hulle wat ’n mens as sondaar brandmerk ter wille van ’n woord, en strikke spanvir hom wat vir die reg opkom in die poort,en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot.

22 Daarom, so sê dieHeretot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie, en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie;

23 want as hy, as sy kindersdie werk van my hande in sy midde sien,sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en virdie God van Israel met ontsag vervul wees;

24 en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 3 =