KOLOSSENSE 3

Vermaning tot heiligmaking en broederlike liefde.

1 AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

3 Wantjulle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

4 Wanneer Christus, watons lewe is,geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Homin heerlikheid geopenbaar word.

5 Maak dood danjulle lede wat op die aarde is,naamlikhoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid,wat afgodediens is,

6 waardeur die toorn van God oordie kinders van die ongehoorsaamheid kom,

7 waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.

8 Maar nou moet julle ookdit alles aflê,naamliktoorn, woede, boosheid, laster,skandelike taal uit julle mond.

9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julledie oue mens met sy werke afgelê het

10 en julle jul metdie nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis nadie beeld van sy Skepper,

11 waar daar nieGriek en Jood,besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christusis alles en in almal.

12 Beklee julle dan, asuitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, metinnerlike ontferming,goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

13 Verdra mekaar envergewe mekaar as die een teen die ander ’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

14 Enbeklee jullebo dit alles metdie liefde wat die band van die volmaaktheid is.

15 En laatdie vrede van God,waartoe julle ookin een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaarmet psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

17 Enwat julle ook al doen in woord of in daad,doenalles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Huislike pligte.

18 VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here.

19 Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.

20 Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.

21 Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.

22 Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.

23 En wat julle ook al doen, doen dit van hartesoos vir die Here en nie vir mense nie,

24 omdat julle weet dat julle van die Heredie erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.

25 Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; endaar is geen aanneming van die persoon nie.

KOLOSSENSE 4

1 BETOON reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook ’n Here in die hemele het.

Vermaning om te bid en wysheid te betrag.

2 VOLHARDin die gebed en waak daarinmet danksegging;

3 enbid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek vandie verborgenheid van Christus,waarvoor ek ook in boeie is,

4 dat ek dit openbaar kan maak soos ek dit behoort te spreek.

5 Wandel in wysheid teenoordie wat buite is, enkoop die tyd uit.

6 Laat julle woord altydaangenaam wees,met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

Sending van Tíchikus en Onésimus. Groete.

7 AL my omstandighede sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.

8 Ek het hom na julle gestuur juis hiervoor, om julle toestande te leer ken en julle harte te vertroos,

9 saam metOnésimus, die getroue en geliefde broeder wat van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.

10 Aristárchus, my medegevangene, groet julle; enMarkus,die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het — as hy by julle kom, ontvang hom —

11 ook Jesus wat Justus genoem word,manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen ismymedewerkers vir die koninkryk van God en hulle was ’n troos vir my.

12 Épafras wat een van julle is, ’n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God.

13 Want ek getuig van hom dat hy ’n groot ywer het vir julle en vir die wat inLaodicéa en die wat in Hiërápolis is.

14 Die geneesheerLukas, die geliefde, enDemas groet julle.

15 Groet die broeders in Laodicéa en Nimfas endie gemeente wat in sy huis is.

16 En wanneer hierdie briefby julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié uit Laodicéa lees.

17 En sê aanArchíppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het in die Here, dat jy dit vervul.

18 Die groete van Paulus, met my eie hand. Dink aan myboeie.Die genade sy met julle! Amen.

FILIPPENSE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS enTimótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan aldie heiliges in Christus Jesus wat inFilíppi is, saam metdie opsieners endiakens:

2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Paulus se liefde vir die Filippense. Vrug van sy gevangenskap.

3 EK dank my God elke maal as ek aan julle dink —

4 en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap —

5 oor julle gemeenskap aan die evangelievan die eerste dag af tot nou toe,

6 omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindigtot op die dag van Jesus Christus;

7 soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almalin my boeie sowel as indie verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.

8 Want God is my getuie hoeek na julle almal verlang metdie innige tederheid van Jesus Christus.

9 En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word inkennis en alle ervaring,

10 om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ’n aanstoot mag wees nie,tot op die dag van Christus,

11 vervul metdie vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christustot heerlikheid en lof van God.

12 En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,

13 sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander,

14 en die meeste van die broeders wat in die Here deur my boeie vertroue gekry het, dit des te meer waag om die woord onbevrees te spreek.

15 Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid:

16 die eerste verkondig Christus uit naywer, nie met suiwer bedoelinge nie, met die mening om aan my boeie verdrukking toe te voeg;

17 maar die ander uit liefde, omdat hulle weet dat ek bestem is totdie verdediging van die evangelie.

18 Maar wat maak dit? In alle geval, op allerlei wyse, of dit onder ’n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly.

19 Want ek weet dat ditdeur julle gebed en die ondersteuning vandie Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek,

20 volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ekin niks beskaam sal word nie; maar dat Christusmet alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.

21 Want vir myis die lewe Christus en die sterwe wins.

22 Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie.

23 Want ek word van weerskante gedring:ek het verlangeom heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;

24 maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.

25 En dit vertrou en weet ek dat ek sal bly, ja, saam met julle almal sal bly tot julle bevordering en blydskap in die geloof,

26 sodat julle roem oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur my teenwoordigheid weer by julle.

Vermaning om te volhard. Broederlike eenheid, ootmoed, heiligmaking.

27 ALLEENLIK,gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle ineen gees vasstaan en,een van siel,saam stry vir die geloof van die evangelie,

28 en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie.Dit is vir hulle wel ’n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God;

29 omdatdit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,

30 terwyl julle dieselfde stryd hetas wat julle in my gesien het en nou van my hoor.

FILIPPENSE 2

1 AS daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, asdaar enige gemeenskap van die Gees, as daar enigeinnige tederheid en ontferming is,

2 maak dan my blydskap volkomedeur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.

3 Moenie iets doen uitselfsug of uit ydele eer nie, maarin nederigheid moetdie een die ander hoër ag as homself.

4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maarelkeen ook na die ander s’n.

5 Wanthierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

6 Hy,wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geagom aan God gelyk te wees nie,

7 maarhet Homself ontledig deur die gestalte van’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;

8 en in gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself vernederdeur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom’n naam gegee wat bo elke naam is,

10 sodat in die Naam van Jesussou buig elke knie vandie wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,

11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus dieHere is tot heerlikheid van God die Vader.

12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit metvrees en bewing;

13 wantdit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak,

15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees,kinders van God sonder gebrek te midde van’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skynsoos ligte in die wêreld,

16 deurdat julledie woord van die lewe vashou,my tot ’n roem teen die dag van Christus, datek nie verniet geloopof verniet gearbei het nie.

17 Maar al word ek as ’n drankoffer uitgegiet oor die offer enbediening van julle geloof,verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;

18 en om dieselfde rede moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.

Timótheüs en Epafrodítus gesante van Paulus aan die Filippense.

19 EN ek hoop in die Here Jesus omTimótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.

20 Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie;

21 wanthulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.

22 Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy,soos ’n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het.

23 Ek hoop dan om hom dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met my sal gaan;

24 enek vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom.

25 Maar ek het dit noodsaaklik geag omEpafrodítus, my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde enbedienaar van my behoefte, na julle te stuur,

26 want hy het na julle almal verlang en was besorg, omdat julle gehoor het dat hy siek was.

27 Want hy was ook siek tot by die dood; maar God was hom barmhartig, en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.

28 Ek het hom dus des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek minder bedroef kan wees.

29 Ontvang hom dan in die Here met alle blydskap en hou sulke manne in eer.

30 Want ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en sy lewe gewaagom aan te vul wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.

FILIPPENSE 3

Waarskuwing teen valse apostels. Vermaning om die vrugte van die Gees voort te bring.

1 VERDER, my broeders,verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en dit gee julle sekerheid.

2 Let opdie honde; let op die slegte arbeiders; let opdie versnyding.

3 Wantóns is die besnydenis, ons wat Godin die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;

4 alhoewel ek rede het om ook te vertrou op die vlees. As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer.

5 Ek is besny op die agtste dag,uit die geslag van Israel,uit die stam van Benjamin, ’n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref,’n Fariseër;

6 wat ywer betref,’n vervolger van die gemeente; watdie geregtigheid in die wet betref, onberispelik.

7 Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.

8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid vandie kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry

9 en in Hom gevind te word, nie metmy geregtigheid wat uit die wet is nie, maar metdié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;

10 sodat ek Hom kan ken endie krag van sy opstanding endie gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,

11 of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.

12 Nie dat ek dit alverkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.

13 Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.

14 Maar een ding:ek vergeet die dinge wat agter is enstrek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry vandie hoë roeping van God in Christus Jesus.

15 Laat ons almal dan watvolmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.

16 Maar wat ons reeds bereik het — laat ons volgens dieselfdereël wandel,laat ons eensgesind wees.

17 Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.

18 Want baie — van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê — wandel asvyande van die kruis van Christus.

19 Hulle einde is die verderf,hulle god is die buik enhulle eer is in hulleskande; hullebedink aardse dinge.

20 Wantons burgerskapis in die hemele, van waarons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,

21 watons vernederde liggaam van gedaante salverander, omgelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaamvolgens die werking waardeur Hy ookalles aan Homself kan onderwerp.

FILIPPENSE 4

1 DAAROM, my geliefde broeders, na wie ek ookverlang,my blydskap en kroon,staan so vas in die Here, geliefdes.

2 Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché omeensgesind te wees in die Here.

3 En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name indie boek van die lewe is.

4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

5 Laat jullevriendelikheid aan alle mense bekend word.Die Here is naby.

6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug enwatter lof daar ook mag wees, bedink dit.

9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, endie God van vrede sal met julle wees.

Erkentlikheid van Paulus vir die gawe wat hy van die Filippense ontvang het. Groete.

10 EK het my grootliks verbly in die Here datjulle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maarjulle het die geleentheid nie gehad nie.

11 Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleerom vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.

12 Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

13 Ek is tot alles in staatdeur Christuswat my krag gee.

14 Nogtans het julle goed gedoen toejulle deel gehad het in my verdrukking.

15 En julle, Filippense, weet ook datin die begin van die evangelie, toe ek vanMacedónië vertrek het,geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.

16 Want ook inThessaloníka het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.

17 Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening.

18 Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volopnoudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is,’n lieflike geur,’n welgevallige offer, welbehaaglik by God.

19 En my Godsal elke behoefte van julle vervulna sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.

20 Aan onseGod en Vaderdie heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

21 Groet elke heilige in Christus Jesus. Diebroeders wat saam met my is, groet julle.

22 Al die heiliges, enveral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.

23 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

EFÉSIËRS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus:

2 Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus!

Die seëninge van God in Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing en Hoof van die gemeente.

3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëningein die hemele in Christus,

4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreldom heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

5 deurdat Hy ons voorbeskik hetom ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus,na die welbehae van sy wil,

6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hyons begenadig het indie Geliefde.

7 In Hom het onsdie verlossingdeur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,

8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in allewysheid en verstand,

9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,

10 om die volheid van die tye te reël,met die doel omalle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig —

11 in Homin wie ons ook ’n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer isooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

12 sodat ons kan weestot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,

13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het,verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

14 watdie onderpand is van ons erfdeel omsy eiendomte verlostot lof van sy heerlikheid.

15 Daarom —vandat ek gehoor het van die geloof in die Here Jesus wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges —

16 hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie,

17 datdie God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,

18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weetwat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheidvan sy erfdeel onder die heiliges is;

19 en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo,na die werking van die krag van sy sterkte

20 wat Hy gewerk het in Christustoe Hy Hom uit die dode opgewek heten Hom laat sit het aan sy regterhandin die hemele,

21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy enelke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.

22 EnHy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Homas Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,

23 wat sy liggaam is,die volheid van Hom watalles in almal vervul.

EFÉSIËRS 2

Verlossing uit genade.

1 EN jullehet Hy lewend gemaak,wat dood was deur die misdade en die sondes

2 waarinjulle tevore gewandel het volgensdie loop van hierdie wêreld, volgensdie owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou indie kinders van die ongehoorsaamheid werk,

3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het indie begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; enons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,

5 ooktoe ons dood was deur die misdade,lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered —

6 en saam opgewek en saam laat sitin die hemele in Christus Jesus,

7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.

8 Wantuit genade is julle gered,deur die geloof, en dit nie uit julleself nie:dit is die gawe van God;

9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werkewat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Heidene en Jode met God deur die kruis van Christus versoen.

11 DAAROM, onthou datjulle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamdebesnydenis wat in die vlees met hande verrig word,

12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien vandie verbonde van die belofte,sonder hoop en sonder God in die wêreld.

13 Maar nou in Christus Jesus het jullewat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

14 Want Hy is ons vrede,Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

15 deurdat Hyin sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het,naamlikdie wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot eennuwe mens kon skep

16 en albei ineen liggaam met God konversoen deur die kruis,nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

17 En Hy hetdie evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;

18 wantdeur Hom het ons albeidie toegangdeur een Gees tot die Vader.

19 So is julle dan nie meervreemdelinge en bywoners nie, maarmedeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

20 gebou op die fondament van dieapostels enprofete, terwyl Jesus Christus selfdie hoeksteen is,

21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot’n heilige tempel in die Here,

22 in wiejulle ook saam opgebou word tot ’n woning van God in die Gees.

EFÉSIËRS 3

Die verborgenheid van die roeping van die heidene. Die apostelskap van Paulus.

1 OM hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is —

2 as julle ten minste gehoor het vandie bedieningvan die genade van God wat aan my verleen is vir julle,

3 dat Hy aan mydeur ’n openbaringbekend gemaak het die verborgenheid,soos ek tevore kortliks geskryf het;

4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig indie verborgenheid van Christus kan verstaan,

5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heiligeapostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

6 dat die heidenemede-erfgename is en medeledevan die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

7 waarvan ek ’n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee isooreenkomstig die werking van sy krag.

8 Aan my,die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlikerykdom van Christus te verkondig,

9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat vanalleeeue af verborge was in Godwat alles geskape het deur Jesus Christus,

10 sodat nou deur die gemeente aan dieowerhede en magtein die hemele die menigvuldigewysheid van God bekend gemaak kan word,

11 volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,

12 in wie ons dievrymoedigheid en dietoegang het met vertroue deurdie geloof in Hom.

13 Daarom bid ek dat jullenie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie.Dit is julle eer.

Gebed van Paulus vir die Efésiërs.

14 OM hierdie redebuig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,

15 van wie elke geslagin die hemele en op die aarde sy naam ontvang,

16 dat Hy aan julle mag gee nadie rykdom van sy heerlikheidom met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,

17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, jullewat in die liefde gewortel en gegrond is,

18 en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,

19 en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot aldie volheid van God.

20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink,volgens die krag wat in ons werk,

21 aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

EFÉSIËRS 4

Die eenheid van die geloof.

1 EK vermaan julle dan, ek,die gevangene in die Here, om tewandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,

2 met alle nederigheid ensagmoedigheid, met lankmoedigheid,terwyl julle mekaar in liefde verdra

3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deurdie band van die vrede.

4 Dit iseen liggaam eneen Gees, soos julle ook geroep is in eenhoop van julle roeping;

5 een Here,een geloof, een doop,

6 een God en Vader van almal, wat oor almal endeur almal en in julle almal is.

7 Maar aan elkeen van ons is die genade gegeevolgens die mate van die gawe van Christus.

8 Daarom sê Hy:Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.

9 Maar dít: Hy het opgevaar — wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?

10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hywat opgevaar hetbokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.

11 En Hy het gegee sommige asapostels, ander as profete, ander asevangeliste, ander asherders enleraars,

12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing vandie liggaam van Christus,

13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate vandie volle grootte van Christus;

14 sodat ons nie meerkinders sou wees nie wat soos golwe geslinger enheen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles souopgroei inHom wat die Hoof is, naamlik Christus,

16 uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Die Christelike heiligmaking teenoor die bedorwe sedes van die heidene.

17 DIT sê en betuig ek dan in die Here, datjulle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandelin die verdwaasdheid van hulle gemoed nie —

18 mense wat verduisterd is in die verstand envervreemd van die lewe van God deurdie onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;

19 watongevoelig geword het enhulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.

20 Maar julle het Christus nie so leer ken nie,

21 as julle ten minstevan Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:

22 dat julle,wat die vorigelewenswandel betrefdie oue mensmoet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,

23 endat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed

24 en julle metdie nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

25 Daarom, lê die leuen af enspreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons ismekaar se lede.

26 Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;

27 en gee aan die duiwel geen plek nie.

28 Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maarlaat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hyietskan hêom mee te deel aan die een wat gebrek het.

29 Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ’n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat ditgenade kan gee aan die wat dit hoor.

30 Enbedroef nie die Heilige Gees van God nie,deur wie julle verseël is tot die dag vanverlossing.

31 Allebitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.

32 Maar weesvriendelik en vol ontferming teenoor mekaar;vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.