KOLOSSENSE 3

Vermaning tot heiligmaking en broederlike liefde.

1 AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

3 Wantjulle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

4 Wanneer Christus, watons lewe is,geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Homin heerlikheid geopenbaar word.

5 Maak dood danjulle lede wat op die aarde is,naamlikhoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid,wat afgodediens is,

6 waardeur die toorn van God oordie kinders van die ongehoorsaamheid kom,

7 waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.

8 Maar nou moet julle ookdit alles aflê,naamliktoorn, woede, boosheid, laster,skandelike taal uit julle mond.

9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julledie oue mens met sy werke afgelê het

10 en julle jul metdie nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis nadie beeld van sy Skepper,

11 waar daar nieGriek en Jood,besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christusis alles en in almal.

12 Beklee julle dan, asuitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, metinnerlike ontferming,goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

13 Verdra mekaar envergewe mekaar as die een teen die ander ’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

14 Enbeklee jullebo dit alles metdie liefde wat die band van die volmaaktheid is.

15 En laatdie vrede van God,waartoe julle ookin een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaarmet psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

17 Enwat julle ook al doen in woord of in daad,doenalles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Huislike pligte.

18 VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here.

19 Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.

20 Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.

21 Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.

22 Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.

23 En wat julle ook al doen, doen dit van hartesoos vir die Here en nie vir mense nie,

24 omdat julle weet dat julle van die Heredie erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.

25 Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; endaar is geen aanneming van die persoon nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − seventeen =