EFÉSIËRS 3

Die verborgenheid van die roeping van die heidene. Die apostelskap van Paulus.

1 OM hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is —

2 as julle ten minste gehoor het vandie bedieningvan die genade van God wat aan my verleen is vir julle,

3 dat Hy aan mydeur ’n openbaringbekend gemaak het die verborgenheid,soos ek tevore kortliks geskryf het;

4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig indie verborgenheid van Christus kan verstaan,

5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heiligeapostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

6 dat die heidenemede-erfgename is en medeledevan die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

7 waarvan ek ’n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee isooreenkomstig die werking van sy krag.

8 Aan my,die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlikerykdom van Christus te verkondig,

9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat vanalleeeue af verborge was in Godwat alles geskape het deur Jesus Christus,

10 sodat nou deur die gemeente aan dieowerhede en magtein die hemele die menigvuldigewysheid van God bekend gemaak kan word,

11 volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,

12 in wie ons dievrymoedigheid en dietoegang het met vertroue deurdie geloof in Hom.

13 Daarom bid ek dat jullenie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie.Dit is julle eer.

Gebed van Paulus vir die Efésiërs.

14 OM hierdie redebuig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,

15 van wie elke geslagin die hemele en op die aarde sy naam ontvang,

16 dat Hy aan julle mag gee nadie rykdom van sy heerlikheidom met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,

17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, jullewat in die liefde gewortel en gegrond is,

18 en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,

19 en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot aldie volheid van God.

20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink,volgens die krag wat in ons werk,

21 aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

16 − 14 =