FILIPPENSE 2

1 AS daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, asdaar enige gemeenskap van die Gees, as daar enigeinnige tederheid en ontferming is,

2 maak dan my blydskap volkomedeur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.

3 Moenie iets doen uitselfsug of uit ydele eer nie, maarin nederigheid moetdie een die ander hoër ag as homself.

4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maarelkeen ook na die ander s’n.

5 Wanthierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

6 Hy,wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geagom aan God gelyk te wees nie,

7 maarhet Homself ontledig deur die gestalte van’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;

8 en in gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself vernederdeur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom’n naam gegee wat bo elke naam is,

10 sodat in die Naam van Jesussou buig elke knie vandie wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,

11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus dieHere is tot heerlikheid van God die Vader.

12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit metvrees en bewing;

13 wantdit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak,

15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees,kinders van God sonder gebrek te midde van’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skynsoos ligte in die wêreld,

16 deurdat julledie woord van die lewe vashou,my tot ’n roem teen die dag van Christus, datek nie verniet geloopof verniet gearbei het nie.

17 Maar al word ek as ’n drankoffer uitgegiet oor die offer enbediening van julle geloof,verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;

18 en om dieselfde rede moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.

Timótheüs en Epafrodítus gesante van Paulus aan die Filippense.

19 EN ek hoop in die Here Jesus omTimótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.

20 Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie;

21 wanthulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.

22 Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy,soos ’n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het.

23 Ek hoop dan om hom dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met my sal gaan;

24 enek vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom.

25 Maar ek het dit noodsaaklik geag omEpafrodítus, my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde enbedienaar van my behoefte, na julle te stuur,

26 want hy het na julle almal verlang en was besorg, omdat julle gehoor het dat hy siek was.

27 Want hy was ook siek tot by die dood; maar God was hom barmhartig, en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.

28 Ek het hom dus des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek minder bedroef kan wees.

29 Ontvang hom dan in die Here met alle blydskap en hou sulke manne in eer.

30 Want ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en sy lewe gewaagom aan te vul wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve − 2 =