FILIPPENSE 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS enTimótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan aldie heiliges in Christus Jesus wat inFilíppi is, saam metdie opsieners endiakens:

2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Paulus se liefde vir die Filippense. Vrug van sy gevangenskap.

3 EK dank my God elke maal as ek aan julle dink —

4 en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap —

5 oor julle gemeenskap aan die evangelievan die eerste dag af tot nou toe,

6 omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindigtot op die dag van Jesus Christus;

7 soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almalin my boeie sowel as indie verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.

8 Want God is my getuie hoeek na julle almal verlang metdie innige tederheid van Jesus Christus.

9 En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word inkennis en alle ervaring,

10 om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ’n aanstoot mag wees nie,tot op die dag van Christus,

11 vervul metdie vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christustot heerlikheid en lof van God.

12 En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,

13 sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander,

14 en die meeste van die broeders wat in die Here deur my boeie vertroue gekry het, dit des te meer waag om die woord onbevrees te spreek.

15 Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid:

16 die eerste verkondig Christus uit naywer, nie met suiwer bedoelinge nie, met die mening om aan my boeie verdrukking toe te voeg;

17 maar die ander uit liefde, omdat hulle weet dat ek bestem is totdie verdediging van die evangelie.

18 Maar wat maak dit? In alle geval, op allerlei wyse, of dit onder ’n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly.

19 Want ek weet dat ditdeur julle gebed en die ondersteuning vandie Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek,

20 volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ekin niks beskaam sal word nie; maar dat Christusmet alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.

21 Want vir myis die lewe Christus en die sterwe wins.

22 Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie.

23 Want ek word van weerskante gedring:ek het verlangeom heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;

24 maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.

25 En dit vertrou en weet ek dat ek sal bly, ja, saam met julle almal sal bly tot julle bevordering en blydskap in die geloof,

26 sodat julle roem oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur my teenwoordigheid weer by julle.

Vermaning om te volhard. Broederlike eenheid, ootmoed, heiligmaking.

27 ALLEENLIK,gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle ineen gees vasstaan en,een van siel,saam stry vir die geloof van die evangelie,

28 en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie.Dit is vir hulle wel ’n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God;

29 omdatdit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,

30 terwyl julle dieselfde stryd hetas wat julle in my gesien het en nou van my hoor.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × three =