EFÉSIËRS 4

Die eenheid van die geloof.

1 EK vermaan julle dan, ek,die gevangene in die Here, om tewandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,

2 met alle nederigheid ensagmoedigheid, met lankmoedigheid,terwyl julle mekaar in liefde verdra

3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deurdie band van die vrede.

4 Dit iseen liggaam eneen Gees, soos julle ook geroep is in eenhoop van julle roeping;

5 een Here,een geloof, een doop,

6 een God en Vader van almal, wat oor almal endeur almal en in julle almal is.

7 Maar aan elkeen van ons is die genade gegeevolgens die mate van die gawe van Christus.

8 Daarom sê Hy:Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.

9 Maar dít: Hy het opgevaar — wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?

10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hywat opgevaar hetbokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.

11 En Hy het gegee sommige asapostels, ander as profete, ander asevangeliste, ander asherders enleraars,

12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing vandie liggaam van Christus,

13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate vandie volle grootte van Christus;

14 sodat ons nie meerkinders sou wees nie wat soos golwe geslinger enheen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles souopgroei inHom wat die Hoof is, naamlik Christus,

16 uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Die Christelike heiligmaking teenoor die bedorwe sedes van die heidene.

17 DIT sê en betuig ek dan in die Here, datjulle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandelin die verdwaasdheid van hulle gemoed nie —

18 mense wat verduisterd is in die verstand envervreemd van die lewe van God deurdie onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;

19 watongevoelig geword het enhulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.

20 Maar julle het Christus nie so leer ken nie,

21 as julle ten minstevan Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:

22 dat julle,wat die vorigelewenswandel betrefdie oue mensmoet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,

23 endat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed

24 en julle metdie nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

25 Daarom, lê die leuen af enspreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons ismekaar se lede.

26 Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;

27 en gee aan die duiwel geen plek nie.

28 Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maarlaat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hyietskan hêom mee te deel aan die een wat gebrek het.

29 Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ’n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat ditgenade kan gee aan die wat dit hoor.

30 Enbedroef nie die Heilige Gees van God nie,deur wie julle verseël is tot die dag vanverlossing.

31 Allebitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.

32 Maar weesvriendelik en vol ontferming teenoor mekaar;vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

9 − three =