EFÉSIËRS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus:

2 Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus!

Die seëninge van God in Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing en Hoof van die gemeente.

3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëningein die hemele in Christus,

4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreldom heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

5 deurdat Hy ons voorbeskik hetom ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus,na die welbehae van sy wil,

6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hyons begenadig het indie Geliefde.

7 In Hom het onsdie verlossingdeur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,

8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in allewysheid en verstand,

9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,

10 om die volheid van die tye te reël,met die doel omalle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig —

11 in Homin wie ons ook ’n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer isooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

12 sodat ons kan weestot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,

13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het,verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

14 watdie onderpand is van ons erfdeel omsy eiendomte verlostot lof van sy heerlikheid.

15 Daarom —vandat ek gehoor het van die geloof in die Here Jesus wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges —

16 hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie,

17 datdie God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,

18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weetwat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheidvan sy erfdeel onder die heiliges is;

19 en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo,na die werking van die krag van sy sterkte

20 wat Hy gewerk het in Christustoe Hy Hom uit die dode opgewek heten Hom laat sit het aan sy regterhandin die hemele,

21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy enelke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.

22 EnHy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Homas Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,

23 wat sy liggaam is,die volheid van Hom watalles in almal vervul.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − eighteen =