FILIPPENSE 4

1 DAAROM, my geliefde broeders, na wie ek ookverlang,my blydskap en kroon,staan so vas in die Here, geliefdes.

2 Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché omeensgesind te wees in die Here.

3 En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name indie boek van die lewe is.

4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

5 Laat jullevriendelikheid aan alle mense bekend word.Die Here is naby.

6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug enwatter lof daar ook mag wees, bedink dit.

9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, endie God van vrede sal met julle wees.

Erkentlikheid van Paulus vir die gawe wat hy van die Filippense ontvang het. Groete.

10 EK het my grootliks verbly in die Here datjulle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maarjulle het die geleentheid nie gehad nie.

11 Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleerom vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.

12 Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

13 Ek is tot alles in staatdeur Christuswat my krag gee.

14 Nogtans het julle goed gedoen toejulle deel gehad het in my verdrukking.

15 En julle, Filippense, weet ook datin die begin van die evangelie, toe ek vanMacedónië vertrek het,geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.

16 Want ook inThessaloníka het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.

17 Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening.

18 Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volopnoudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is,’n lieflike geur,’n welgevallige offer, welbehaaglik by God.

19 En my Godsal elke behoefte van julle vervulna sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.

20 Aan onseGod en Vaderdie heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

21 Groet elke heilige in Christus Jesus. Diebroeders wat saam met my is, groet julle.

22 Al die heiliges, enveral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.

23 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × 5 =