EFÉSIËRS 2

Verlossing uit genade.

1 EN jullehet Hy lewend gemaak,wat dood was deur die misdade en die sondes

2 waarinjulle tevore gewandel het volgensdie loop van hierdie wêreld, volgensdie owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou indie kinders van die ongehoorsaamheid werk,

3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het indie begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; enons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,

5 ooktoe ons dood was deur die misdade,lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered —

6 en saam opgewek en saam laat sitin die hemele in Christus Jesus,

7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.

8 Wantuit genade is julle gered,deur die geloof, en dit nie uit julleself nie:dit is die gawe van God;

9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werkewat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Heidene en Jode met God deur die kruis van Christus versoen.

11 DAAROM, onthou datjulle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamdebesnydenis wat in die vlees met hande verrig word,

12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien vandie verbonde van die belofte,sonder hoop en sonder God in die wêreld.

13 Maar nou in Christus Jesus het jullewat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

14 Want Hy is ons vrede,Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

15 deurdat Hyin sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het,naamlikdie wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot eennuwe mens kon skep

16 en albei ineen liggaam met God konversoen deur die kruis,nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

17 En Hy hetdie evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;

18 wantdeur Hom het ons albeidie toegangdeur een Gees tot die Vader.

19 So is julle dan nie meervreemdelinge en bywoners nie, maarmedeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

20 gebou op die fondament van dieapostels enprofete, terwyl Jesus Christus selfdie hoeksteen is,

21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot’n heilige tempel in die Here,

22 in wiejulle ook saam opgebou word tot ’n woning van God in die Gees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 − 14 =