II TIMÓTHEÜS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n apostel van Jesus Christusdeur die wil van God, ooreenkomstigdie belofte van die lewe wat in Christus Jesus is,

2 aanTimótheüs,mygeliefde kind: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here!

Liefde van Paulus vir Timótheüs. Vermaning om standvastig te wees in die geloof en in die bediening.

3 EK dank God, wat ekvan my voorouers af in’n rein gewete dien, wanneerek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,

4 terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou trane dink, sodat ek met blydskap vervul kan word,

5 en as ek my herinner dieongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs en in joumoeder Eunice, en wat — daarvan is ek oortuig — ook in jou is.

6 Om hierdie rede herinner ek jou daaraan omdie genadegawe van God aan te wakkerwat in jou isdeur die oplegging van my hande.

7 Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maarvan krag en liefde enselfbeheersing.

8 Skaam jou dan nie oordie getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maarly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God

9 wat ons gered engeroep het met ’nheilige roeping,nie volgens ons werke nie, maarvolgens sy eie voorneme engenade wat onsvan ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,

10 maarwat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus,wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie,

11 waarvoor ek aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene.

12 Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maarek skaam my nie,want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar totdié dag toe.

13 Hou as voorbeeld vangesonde woordedié wat jy van my gehoor het,in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.

14 Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Geeswat in ons woon.

15 Jy weet dit dat almal wat in Asië is,hulle van my afgekeer het, onder wie Figéllus en Hermógenes is.

16 Mag die Here aandie huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oormy kettings nie geskaam nie;

17 maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind.

18 Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here indié dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het.

II TIMÓTHEÜS 2

1 JY dan,my seun,wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;

2 enwat jy van my gehoor het onder baie getuies,vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.

3 Ly dan verdrukkingsoos ’n goeie krygsman van Jesus Christus.

4 Niemand wat ’n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.

5 En verder,as iemand aan ’n wedstryd deelneem, word hy niebekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.

6 Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.

7 Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!

8 Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek isvolgens my evangelie,

9 waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos ’n kwaaddoener; maardie woord van God is nie gebonde nie.

10 Daarom verdra ek allester wille van dieuitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.

11 Dit is ’n betroubare woord; want asons metHomgesterf het, sal ons ook metHomlewe.

12 As ons verdra, sal onsmetHomregeer.As onsHomverloën, sal Hy ons ook verloën.

13 As ons ontrou is,Hy bly getrou;Hy kan Homself nie verloën nie.

Gedrag teenoor die wat hulle afkeer van die gesonde leer en van die Christelike reinheid.

14 HERINNER aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hullegeen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.

15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

16 Maardie onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,

17 en hulle woord sal voortwoeker soos ’n kanker, onder wie daarHimenéüs en Filétus is,

18 wat van die waarheid afgedwaal het,omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.

19 Ewenwel,die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem,afstand doen van die ongeregtigheid.

20 Maarin ’n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout enerdewerk; ensommige tot eer, maar ander tot oneer.

21 As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ’n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.

22 Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam metdie wat die Here uit ’n rein hart aanroep.

23 En die dwase en onverstandigestrydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;

24 en’n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal,bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.

25 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal geetot die kennis van die waarheid nie,

26 en hulle weer nugter kan word, vry vandie strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.

II TIMÓTHEÜS 3

Verskriklike verdorwenheid van die laaste dae.

1 MAAR weet dit, dat daarin die laaste dae swaar tye sal kom.

2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,

3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

5 mense wat ’ngedaante van godsaligheid het, maardie krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

6 Want uit hulle is diewat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,

7 wat altyd leer en nooittot die kennis van die waarheid kan kom nie.

8 En net soosJannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees,soos ook dié van daardie manne geword het.

Vermaning om te volhard in die gesonde leer en om by elke geleentheid te preek.

10 MAAR jy het my navolger geword inleer, lewenswandel,planne,geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,

11 vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het inAntiochíë, inIkónium, inListre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.

12 Enalmal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

14 Maarbly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,

15 en dat jy van kleins af die heiligeSkrifte kenwat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.

16 Die hele Skrif is deur God ingegee enis nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

17 sodatdie mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

II TIMÓTHEÜS 4

1 EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel bysy verskyning en sy koninkryk:

2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig;weerlê, bestraf,vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

3 wantdaar sal ’n tyd wees wanneer hulle diegesonde leer nie sal verdra nie, maar,omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,

4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hullesal wend tot fabels.

5 Maarwees jy in alles nugter;ly verdrukking; doen die werk van’n evangelis; vervul jou bediening.

Paulus wys op sy einde en vra Timótheüs om na hom te kom. Mededeling aangaande verskillende persone.

6 WANT ek wordalreeds as ’n drankoffer uitgegiet, en die tyd vanmy heengaan is naby.

7 Ek het die goeie stryd gestry; ek hetdie wedloop voleindig; ek het die geloof behou.

8 Verder isvir my weggelêdie kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, myin dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.

9 Beywer jou om gou na my te kom.

10 WantDemas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië,Titus na Dalmásië.

11 Lukas is alleen by my.Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.

12 Tíchikus het ek na Éfese gestuur.

13 As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente.

14 Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!

15 Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.

16 In my eersteverdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!

17 Maardie Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor;en ek is uit die bek van die leeu verlos.

18 En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

19 GroetPrisca en Áquila endie huis van Onesíforus.

20 Erástus het in Korinthe gebly.Trófimus het ek siek inMiléte agtergelaat.

21 Beywer jou om voor die winter te kom. Eubúlus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou.

22 Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.

I TIMÓTHEÜS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus,volgens die bevelvan God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop,

2 aanTimótheüs,myware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!

Die ware evangelie.

3 SOOS ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hullegeen ander leer moet leer nie,

4 en hulle nie besig hou metfabels en eindelosegeslagsregisters nie, wat nettwisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.

5 Maardie doel van die gebod is liefdeuit ’n rein hart en’n goeie gewete en ’n ongeveinsde geloof

6 waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies;

7 hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.

8 Maar ons weet datdie wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik

9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges enongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,

10 hoereerders, sodomiete,mensediewe, leuenaars,meinediges en wat daar anders met diegesonde leer in stryd is,

11 volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige Godwat aan my toevertrou is.

12 En ek dank Homwat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het,

13 my wat vroeër ’n lasteraar en ’nvervolger en ’n geweldenaar was. Maaraan my is barmhartigheid bewys, omdatek dit onwetend gedoen het in ongeloof.

14 En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.

15 Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, datChristus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red,van wie ek die vernaamste is.

16 Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om ’n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.

17 Aandie Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike,alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

18 Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe,my kind Timótheüs, ooreenkomstigdie profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur diegoeie stryd kan stry

19 enaan die geloof en’n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloofskipbreuk gely,

20 onder wie daar isHimenéüs enAlexander, wat ekaan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.

I TIMÓTHEÜS 2

Gebed vir alle mense.

1 IN die eerste plek vermaan ek dan datsmekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;

2 vir konings enalmal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.

3 Want dit is goed en aangenaam voorGod, ons Verlosser,

4 wat wil hê dat alle mense gered word entot kennis van die waarheid kom.

5 Wantdaar is een God en eenMiddelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,

6 wat Homself gegee het as ’n losprys vir almal, as die getuienisop die regte tyd,

7 waartoe ek aangestel is as ’n prediker enapostel — ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie — ’nleraar van die heidene in geloof en waarheid.

8 Ek wil dan hê dat die manneop elke plek moet bid enheilige hande ophef sonder toorn en twis.

Pligte van die vrou.

9 SO ook moetdie vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,

10 maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.

11 Die vrou moet haar in stilte laat leerin alle onderdanigheid.

12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.

13 WantAdam is eerste gemaak, daarna Eva.

14 En Adam is nie verlei nie, maardie vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.

15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.

I TIMÓTHEÜS 3

Pligte van die opsieners en diakens.

1 DIT is ’n betroubare woord: as iemand na ’n opsienersamp verlang, begeer hy ’n voortreflike werk.

2 ’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik,gasvry,bekwaam om te onderrig;

3 geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;

4 een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met allewaardigheid in onderdanigheid hou.

5 Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy virdie gemeente van God sorg dra?

6 Hy moet nie ’n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en indieselfde oordeel as die duiwel val nie.

7 Maar hy moetook goeie getuienis hê vandie buitestaanders, sodat hy nie in veragting enin die strik van die duiwel val nie.

8 Net so moetdie diakenswaardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie,

9 manne wat die verborgenheid van die geloof in’n rein gewete hou.

10 Enhulle moet ook eers ’n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien.

11 Net so moet die vroue waardig wees, geenkwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles.

12 Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.

13 Want die wat goed gedien het, verkry vir hulle ’n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.

14 Ek skryf jou hierdie dinge in die hoop om gou na jou te kom.

15 Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra indie huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ’n pilaar en grondslag van die waarheid.

16 En, onteenseglik,die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaarin die vlees,is geregverdig in die Gees, hetverskyn aan engele, is verkondig onder die heidene,is geglo in die wêreld, isopgeneem in heerlikheid.

I TIMÓTHEÜS 4

Die afval van die laaste dae.

1 MAAR die Geessê uitdruklik datin die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word enverleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang

2 deur die geveinsdheid van leuenaars watgebrandmerk is in hulle eie gewete,

3 wat verbied om te trou engebieddat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het ommet danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.

4 Wantalles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;

5 want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.

Oor getrouheid en werksaamheid in die bediening.

6 AS jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy ’n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van diegoeie leer waarvan jy ’nnavolger geword het.

7 Maarverwerp onheilige en oudwyfsefabels, en oefen jou in die godsaligheid.

8 Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles,omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.

9 Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;

10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat onsgehoop het op die lewende God wat’n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.

11 Beveel en leer hierdie dinge.

12 Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ’n voorbeeld vir die gelowiges in woord, inwandel, in liefde, in gees, in geloof, inreinheid.

13 Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing,vermaning enlering.

14 Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee isdeur die profesie metdie handoplegging vandie ouderlinge.

15 Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees.

16 Let op jouself en opdie leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.

I TIMÓTHEÜS 5

Die grysaards en die weduwees.

1 ’nBEJAARDE man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos ’n vader, jongeres soos broers,

2 bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.

3 Eer die weduweeswat waarlik weduwees is.

4 Maar as ’n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leerom teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers;want dit is goed en aangenaam voor God.

5 En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God enbly in smekinge en gebedenag en dag.

6 Maar sy wat losbandig is, islewendig dood.

7 Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.

8 Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, hetdie geloof verloën en is slegter as’n ongelowige.

9 Laat ’n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie,wat die vrou van een man gewees het

10 engetuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het,gasvry gewees het,die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.

11 Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou

12 en kom onder ’n oordeel, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.

13 En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ookpraatsiek enbemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.

14 Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar,hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.

15 Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.

16 As ’n gelowige man of ’n gelowige vrou weduweesby hullehet, moet dié aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat ditdie wat waarlik weduwees is, kan help.

Oor die regte van leraars. Verskillende raadgewinge.

17 LAATdie ouderlingewat goed regeer,dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.

18 Want die Skrif sê:Jy mag ’n os wat graan dors, nie muilband nie; en:Die arbeider is sy loon werd.

19 Moenie ’n beskuldiging teen ’n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.

20 Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.

21 Ek besweer jouvoor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.

22 Moenie haastig iemanddie hande oplê nie, en moet ook niemet die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.

23 Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik’n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.

24 Die sondes van sommige mense is baie duidelik engaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.

25 Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.

I TIMÓTHEÜS 6

Die pligte van diensknegte.

1 ALMAL watdiensknegte is onder ’n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodatdie Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.

2 En die wat gelowige here het, moet hulle nie verag omdat hullebroeders is nie, maar moet hulle des te meer dien, omdat hulle wat die weldade ontvang, gelowiges en geliefdes is. Leer hierdie dinge en wek daartoe op.

Vermaning en algemene raadgewinge.

3 AS iemand iets anders leer en nie instem met diegesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leerwat volgens die godsaligheid is nie,

4 dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ’n sieklike sug natwisvrae enwoordestryd waaruit ontstaan afguns, twis,lasteringe, bose agterdog,

5 nuttelose stryery vanmense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.

6 Maardie godsaligheidsaam met vergenoegdheid is ’n groot wins.

7 Wantons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.

8 Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.

9 Maardie wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laatwegsink in verderf en ondergang.

10 Wantdie geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

11 Maar jy,man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

12 Stry die goeie stryd van die geloof,gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.

13 Ek gebied jouvoor die aangesig van Godwat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesuswat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,

14 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaartot by die verskyning van onse Here Jesus Christus

15 watop sy eie tyd vertoon sal word deurdie salige en enigste Heerser,die Koning van die konings en Here van die here,

16 wat alleen onsterflikheid besit en ’n ontoeganklike lig bewoon,wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.

17 Beveel die rykesin die teenwoordige wêreldom nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;

18 dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,

19 en vir hulle ’n skat weglê, ’n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulledie ewige lewe kan verwerf.

20 oTimótheüs, bewaarjou pand en vermy dieonheilige, onsinnige praatjies enteëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis,

21 waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op ’n dwaalweg geraak het. Mag die genade met jou wees! Amen.