JAKOBUS 3

Beheersing van die tong.

1 MOENIE baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ’n groter oordeel sal ondergaan.

2 Want ons almal struikel dikwels.As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ’nvolmaakte man, in staat om ookdie hele liggaam in toom te hou.

3 Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaamdaarmee.

4 Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ’n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.

5 Net so is die tong ook ’n klein lid enberoem hom op groot dinge — kyk hoe ’n groot hoop hout steek ’n klein vuurtjie aan die brand.

6 Dietong is ook ’n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ’n plek neem die tong onder ons lede in; ditbesmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.

7 Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.

8 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ’n onbedwingbare kwaad,vol dodelike gif.

9 Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mensewat na die gelykenis van God gemaak is.

10 Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

11 ’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitterwateropborrel nie?

12 ’n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ’n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.

Die wysheid wat van bo is.

13 WIE is wys en verstandig onder julle? Laat homuit sy goeielewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

14 Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.

15 Dít is nie die wysheid watvan bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;

16 want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.

17 Maar die wysheidvan bo is ten eerste rein, dan vredeliewend,vriendelik, geseglik,vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig enongeveins.

18 Endie vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

JAKOBUS 4

Verset teen oorheersing deur die hartstogte.

1 WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle ledestryd voer nie?

2 Julle begeer en julle het nie, jullepleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.

3 Julle bid en julle ontvang nie,omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.

4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie datdie vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie?Wie dan ’n vriend van die wêreld wil wees, word ’n vyand van God.

5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê:Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?

6 Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy:God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

7 Onderwerp julle dan aan God;weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, ensuiwer die harte, julledubbelhartiges!

9 Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.

10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

11 Broeders,moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek vansy broeder en sy broeder oordeel,spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ’n dader van die wet nie, maar ’n regter.

12 Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red ente verderf.Maar jy, wie is jy wat ’n ander oordeel?

Onsekerheid van menslike planne.

13 KOM nou, julle wat sê:Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak —

14 julle wat nieeensweet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ’n damp wat vir ’n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.

15 In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.

16 Maar nou roem julle in jul grootpratery.Al sulke roem is verkeerd.

17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

JAKOBUS 5

Veroordeling van die onbarmhartige rykes.

1 KOM nou, jullerykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.

2 Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.

3 Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ’n getuienis teen julle wees en sal soos ’n vuur julle vlees verteer.Julle het skatte vergaderin die laaste dae.

4 Kyk,die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; endie geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here vandie leërskare.

5 Julle het op die aarde ’n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op’n slagdag.

6 Veroordeel,vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.

Vermaning om geduldig te wees. Die eed. Die gebed. Die bekering.

7 WEES dan geduldig, broeders,tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat ditdie vroeë en die laat reën ontvang het.

8 Julle moet ook geduldig wees;versterk julle harte,want die wederkoms van die Here is naby.

9 Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, dieRegter staan voor die deur.

10 Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van gedulddie profete wat in die Naam van die Here gespreek het.

11 Kyk,ons reken hulle geluksaligwat verdra. Julle het gehoor vandie lydsaamheid van Job, en julle hetdie einddoel van die Heremet homgesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.

12 Maar bo alles, my broeders,moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ’n oordeel val nie.

13 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd?Laat hom psalmsing.

14 Is daar iemand siek onder julle? Laat homdie ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Heremet olie gesalf het.

15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfsas hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.

17 Elía was ’n mens net soos ons, enhy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;

18 enhy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.

19 Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het eniemand hom bekeer,

20 laat hy weet dat die een wat ’n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ’n siel uit die dood sal red en’n menigte sondes sal bedek.

HEBREËRS 1

Voortreflikheid van Christus bo die engele.

1 NADAT God baiekeer enop baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hyin hierdie laaste dae tot ons gespreek deurdie Seun

2 wat Hy aserfgenaam van alles aangestel het,deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

3 Hy, wat die afskynsel isvan sy heerlikheid endie afdruksel van sy wese enalle dinge dra deur die woord van sy krag,nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het,het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,

4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy’n voortrefliker naam geërf het as hulle.

5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê:U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer:Ek sal vir Hom ’n Vader wees, en Hy sal vir My ’n Seun wees?

6 En wanneer Hy weerdie Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.

7 En van die engele sê Hy wel:Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;

8 maar van die Seun:U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer;

9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God Ugesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;

10 en:U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ’n kleed verslyt,

12 en soos ’n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.

13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê:Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?

14 Is hulle nie almal dienende geeste watvir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

HEBREËRS 2

Christus, as Seun van die mens bo die engele, is Hoëpriester en kan medelye met ons swakhede hê.

1 DAAROM moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie.

2 Want as die woorddeur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het,

3 hoe sal ons ontvlug as ons so ’n groot saligheid veronagsaam wat,nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig isdeur die wat dit gehoor het,

4 terwyl God ook nog saam getuig het deurtekens en wonders en allerhandekragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

5 Wantaan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie;

6 maar iemand het êrens getuig en gesê:Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?

7 U het hom ’n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.

8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maarnou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie;

9 maar ons sien Hom,naamlikJesus,wat vir ’n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eergekroon, sodat Hy deur die genade van Godvir elkeendie dood sou smaak.

10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge endeur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, omdie bewerker van hulle saligheid deurlyde tevolmaak.

11 WantHy wat heilig maak, sowel ashulle wat geheilig word,is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hullebroeders te noem nie,

12 wanneer Hy sê:Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys;

13 en verder:Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder:Hier is Ek en die kinderswat God My gegee het.

14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is,het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die doodhom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel —

15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uitvrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.

17 Daarommoes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy’n barmhartige en getroue hoëpriester kon weesin die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.

18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

HEBREËRS 3

Christus groter as Moses. Waarskuwing teen ongeloof en ongehoorsaamheid.

1 DAAROM, heilige broeders, deelgenote vandie hemelse roeping, let opdie Apostel enHoëpriester van onsbelydenis, Christus Jesus,

2 wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Moses ook in sy hele huis.

3 Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namatehy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis;

4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.

5 En Moses was wel getrou in sy hele huis as’n dienaar,om te getuig van wat nog gespreek sou word,

6 maar Christus asSeun oor sy huis.En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roemvan die hoop tot die einde toe onwrikbaarvashou.

7 Daarom, soosdie Heilige Gees spreek:Vandag as julle sy stem hoor,

8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

9 waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.

10 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,

11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

12 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

13 Maarvermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julledeur die verleiding van die sonde verhard word nie.

14 Want ons het deelgenote van Christus geword, asons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaarvashou;

15 omdat daar gesê word:Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.

16 Wie was dit dan wat gehoor het enHomverbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?

17 En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het,wie se lyke in die woestyn geval het nie?

18 En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?

19 En ons sien dathulle deurongeloof nie kon ingaan nie.

HEBREËRS 4

1 LAAT ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julleagtergebly het nie.

2 Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soosaan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.

3 Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het:Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie — alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.

4 Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek:En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;

5 en nou hier weer:Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

6 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, endiegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nieingegaan het nie,

7 bepaal Hy weer ’n sekere dag,naamlikvandag, as Hy soveel laterdeur Dawid spreek, soos gesê is:Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.

8 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie.

9 Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God;

10 wantwie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemandin dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

12 Wantdie woord van God islewend en kragtig enskerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding vansiel en gees en van gewrigte en murg, en is’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

Christus oortref die hoëpriesters van die ou verbond.

14 TERWYL ons dan ’n grootHoëpriester het watdeur die hemele deurgegaan het,naamlikJesus, die Seun van God,laat ons diebelydenisvashou.

15 Wantons het nie ’nhoëpriesterwat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een watin alle opsigte versoek is net soos ons,maarsonder sonde.

16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

HEBREËRS 5

1 WANT elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense opin die dinge wat in betrekking tot God staan,om gawes en offers vir die sondes te bring

2 as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ookmet swakheid bevange is.

3 En daarom juis moet hy,net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.

4 Enniemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word,net soos Aäron.

5 So het Christus ookHomself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hýhet Hom verheerlikwat vir Hom gesê het:U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.

6 Soos Hy ook op ’n ander plek sê:U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

7 Hy wat in die dae van sy vleesgebede en smekinge metsterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Homuit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs —

8 Hy, al was Hydie Seun, hetgehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

9 ennadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is,’n bewerker van ewige saligheid geword

10 en is deur God genoem’n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;

11 waaroor ons veel te sê het watswaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.

12 Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ’n mens julledie eerste beginsels vandie woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aanmelk en nie aan vaste spys nie.

13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ’n kind is.

14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

HEBREËRS 6

1 DAAROM moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekeringuit dooie werke en van die geloof in God,

2 van die leer van die doop envan die handoplegging en van die opstanding van die dode envan die ewige oordeel.

3 En dit sal ons doen as God dit toelaat.

4 Wantdit is onmoontlik om die wat eenmaalverlig geword het endie hemelse gawe gesmaak en dieHeilige Gees deelagtig geword het,

5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte vandie toekomstige wêreld,

6 en afvallig geword het — om dié weertot bekering te vernuwe,omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

7 Want die grondwat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word,het deel aan die seën van God.

8 Maaras dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking — die einde daarvan is verbranding.

9 Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so.

10 Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdatjulle die heiliges gedien het en nog dien.

11 Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid vandie hoop tot die einde toe;

12 sodat julle nietraag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename vandie belofte is.

13 Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie,by Homself gesweer

14 en gesê:Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.

15 En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.

16 Want mense sweer by een wat meer is, endie eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.

17 Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aandie erfgename van die beloftedie onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ’n eed gewaarborg;

18 sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin ditonmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;

19 en ons het dit as ’n anker van die siel wat veilig en vas is eningaan tot binnekantdie voorhangsel

20 waar Jesus asvoorloper vir ons ingegaan het, Hy watvolgens die orde van Melgisédek’n hoëpriester geword het vir ewig.

HEBREËRS 7

Die priesterskap van Melgisédek ’n tipe van die ewige priesterskap van Christus.

1 WANT hierdieMelgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;

2 aan wie Abraham ook ’n tiende deel van alles gegee het — hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;

3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan dieSeun van God, bly hy priesteraltyddeur.

4 Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ’n tiende van die buit gegee het.

5 Nou hethulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ’n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;

6 maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneemen die besitter van die beloftes geseën.

7 Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.

8 En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een vanwie getuig word dat hy lewe.

9 En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee;

10 want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.

11 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was — want met die oog daarop het die volk die wet ontvang — waarom was dit nog nodig dat ’n ander priester moes opstaanvolgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?

12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;

13 omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ’n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.

14 Want dit is volkome duidelik dat onse Here uitJuda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.

15 En nog baie duideliker is dit as daar ’n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,

16 een wat dit geword het nie kragtens die wet van’n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.

17 Want Hy getuig:U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

18 Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weensdie swakheid en nutteloosheid daarvan,

19 omdatdie wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van ’n beter hoop waardeurons tot God nader.

20 En vir sover dit nie sonder eedswering was nie — want húlle het sonder eedswering priesters geword,

21 maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het:Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek —

22 in sover het Jesus van’n beter verbond borg geword.

23 En hulle het wel priesters geword in ’n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;

24 maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ’n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.

25 Daarom kan Hy ook volkome red diewat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leefom vir hulle in te tree.

26 Want so’n hoëpriester was vir ons gepas, een watheilig, onskuldig, onbesmet,afgeskeie van die sondaars is, en wathoër as die hemele geword het;

27 wat nieelke dag nodig het, soos die hoëpriesters, omeers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Wantdit het Hy neteen maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.

28 Want die wet stel as hoëpriesters aan mensemet swakhede, maar die woordvan die eedswering wat ná die wet gekom het,steldie Seunaan,wat vir ewig volmaak is.