I TIMÓTHEÜS 3

Pligte van die opsieners en diakens.

1 DIT is ’n betroubare woord: as iemand na ’n opsienersamp verlang, begeer hy ’n voortreflike werk.

2 ’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik,gasvry,bekwaam om te onderrig;

3 geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;

4 een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met allewaardigheid in onderdanigheid hou.

5 Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy virdie gemeente van God sorg dra?

6 Hy moet nie ’n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en indieselfde oordeel as die duiwel val nie.

7 Maar hy moetook goeie getuienis hê vandie buitestaanders, sodat hy nie in veragting enin die strik van die duiwel val nie.

8 Net so moetdie diakenswaardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie,

9 manne wat die verborgenheid van die geloof in’n rein gewete hou.

10 Enhulle moet ook eers ’n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien.

11 Net so moet die vroue waardig wees, geenkwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles.

12 Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.

13 Want die wat goed gedien het, verkry vir hulle ’n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.

14 Ek skryf jou hierdie dinge in die hoop om gou na jou te kom.

15 Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra indie huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ’n pilaar en grondslag van die waarheid.

16 En, onteenseglik,die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaarin die vlees,is geregverdig in die Gees, hetverskyn aan engele, is verkondig onder die heidene,is geglo in die wêreld, isopgeneem in heerlikheid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × 5 =