II TIMÓTHEÜS 4

1 EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel bysy verskyning en sy koninkryk:

2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig;weerlê, bestraf,vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

3 wantdaar sal ’n tyd wees wanneer hulle diegesonde leer nie sal verdra nie, maar,omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,

4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hullesal wend tot fabels.

5 Maarwees jy in alles nugter;ly verdrukking; doen die werk van’n evangelis; vervul jou bediening.

Paulus wys op sy einde en vra Timótheüs om na hom te kom. Mededeling aangaande verskillende persone.

6 WANT ek wordalreeds as ’n drankoffer uitgegiet, en die tyd vanmy heengaan is naby.

7 Ek het die goeie stryd gestry; ek hetdie wedloop voleindig; ek het die geloof behou.

8 Verder isvir my weggelêdie kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, myin dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.

9 Beywer jou om gou na my te kom.

10 WantDemas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië,Titus na Dalmásië.

11 Lukas is alleen by my.Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.

12 Tíchikus het ek na Éfese gestuur.

13 As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente.

14 Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!

15 Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.

16 In my eersteverdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!

17 Maardie Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor;en ek is uit die bek van die leeu verlos.

18 En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

19 GroetPrisca en Áquila endie huis van Onesíforus.

20 Erástus het in Korinthe gebly.Trófimus het ek siek inMiléte agtergelaat.

21 Beywer jou om voor die winter te kom. Eubúlus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou.

22 Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

19 + thirteen =