II TIMÓTHEÜS 2

1 JY dan,my seun,wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;

2 enwat jy van my gehoor het onder baie getuies,vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.

3 Ly dan verdrukkingsoos ’n goeie krygsman van Jesus Christus.

4 Niemand wat ’n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.

5 En verder,as iemand aan ’n wedstryd deelneem, word hy niebekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.

6 Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.

7 Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!

8 Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek isvolgens my evangelie,

9 waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos ’n kwaaddoener; maardie woord van God is nie gebonde nie.

10 Daarom verdra ek allester wille van dieuitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.

11 Dit is ’n betroubare woord; want asons metHomgesterf het, sal ons ook metHomlewe.

12 As ons verdra, sal onsmetHomregeer.As onsHomverloën, sal Hy ons ook verloën.

13 As ons ontrou is,Hy bly getrou;Hy kan Homself nie verloën nie.

Gedrag teenoor die wat hulle afkeer van die gesonde leer en van die Christelike reinheid.

14 HERINNER aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hullegeen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.

15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

16 Maardie onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,

17 en hulle woord sal voortwoeker soos ’n kanker, onder wie daarHimenéüs en Filétus is,

18 wat van die waarheid afgedwaal het,omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.

19 Ewenwel,die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem,afstand doen van die ongeregtigheid.

20 Maarin ’n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout enerdewerk; ensommige tot eer, maar ander tot oneer.

21 As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ’n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.

22 Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam metdie wat die Here uit ’n rein hart aanroep.

23 En die dwase en onverstandigestrydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;

24 en’n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal,bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.

25 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal geetot die kennis van die waarheid nie,

26 en hulle weer nugter kan word, vry vandie strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

20 + 10 =