I TIMÓTHEÜS 5

Die grysaards en die weduwees.

1 ’nBEJAARDE man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos ’n vader, jongeres soos broers,

2 bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.

3 Eer die weduweeswat waarlik weduwees is.

4 Maar as ’n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leerom teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers;want dit is goed en aangenaam voor God.

5 En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God enbly in smekinge en gebedenag en dag.

6 Maar sy wat losbandig is, islewendig dood.

7 Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.

8 Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, hetdie geloof verloën en is slegter as’n ongelowige.

9 Laat ’n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie,wat die vrou van een man gewees het

10 engetuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het,gasvry gewees het,die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.

11 Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou

12 en kom onder ’n oordeel, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.

13 En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ookpraatsiek enbemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.

14 Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar,hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.

15 Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.

16 As ’n gelowige man of ’n gelowige vrou weduweesby hullehet, moet dié aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat ditdie wat waarlik weduwees is, kan help.

Oor die regte van leraars. Verskillende raadgewinge.

17 LAATdie ouderlingewat goed regeer,dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.

18 Want die Skrif sê:Jy mag ’n os wat graan dors, nie muilband nie; en:Die arbeider is sy loon werd.

19 Moenie ’n beskuldiging teen ’n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.

20 Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.

21 Ek besweer jouvoor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.

22 Moenie haastig iemanddie hande oplê nie, en moet ook niemet die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.

23 Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik’n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.

24 Die sondes van sommige mense is baie duidelik engaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.

25 Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × four =