I TIMÓTHEÜS 1

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus,volgens die bevelvan God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop,

2 aanTimótheüs,myware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!

Die ware evangelie.

3 SOOS ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hullegeen ander leer moet leer nie,

4 en hulle nie besig hou metfabels en eindelosegeslagsregisters nie, wat nettwisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.

5 Maardie doel van die gebod is liefdeuit ’n rein hart en’n goeie gewete en ’n ongeveinsde geloof

6 waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies;

7 hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.

8 Maar ons weet datdie wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik

9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges enongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,

10 hoereerders, sodomiete,mensediewe, leuenaars,meinediges en wat daar anders met diegesonde leer in stryd is,

11 volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige Godwat aan my toevertrou is.

12 En ek dank Homwat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het,

13 my wat vroeër ’n lasteraar en ’nvervolger en ’n geweldenaar was. Maaraan my is barmhartigheid bewys, omdatek dit onwetend gedoen het in ongeloof.

14 En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.

15 Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, datChristus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red,van wie ek die vernaamste is.

16 Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om ’n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.

17 Aandie Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike,alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

18 Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe,my kind Timótheüs, ooreenkomstigdie profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur diegoeie stryd kan stry

19 enaan die geloof en’n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloofskipbreuk gely,

20 onder wie daar isHimenéüs enAlexander, wat ekaan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 + ten =