II TIMÓTHEÜS 3

Verskriklike verdorwenheid van die laaste dae.

1 MAAR weet dit, dat daarin die laaste dae swaar tye sal kom.

2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,

3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

5 mense wat ’ngedaante van godsaligheid het, maardie krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

6 Want uit hulle is diewat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,

7 wat altyd leer en nooittot die kennis van die waarheid kan kom nie.

8 En net soosJannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees,soos ook dié van daardie manne geword het.

Vermaning om te volhard in die gesonde leer en om by elke geleentheid te preek.

10 MAAR jy het my navolger geword inleer, lewenswandel,planne,geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,

11 vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het inAntiochíë, inIkónium, inListre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.

12 Enalmal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

14 Maarbly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,

15 en dat jy van kleins af die heiligeSkrifte kenwat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.

16 Die hele Skrif is deur God ingegee enis nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

17 sodatdie mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 + 16 =