I TIMÓTHEÜS 6

Die pligte van diensknegte.

1 ALMAL watdiensknegte is onder ’n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodatdie Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.

2 En die wat gelowige here het, moet hulle nie verag omdat hullebroeders is nie, maar moet hulle des te meer dien, omdat hulle wat die weldade ontvang, gelowiges en geliefdes is. Leer hierdie dinge en wek daartoe op.

Vermaning en algemene raadgewinge.

3 AS iemand iets anders leer en nie instem met diegesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leerwat volgens die godsaligheid is nie,

4 dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ’n sieklike sug natwisvrae enwoordestryd waaruit ontstaan afguns, twis,lasteringe, bose agterdog,

5 nuttelose stryery vanmense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.

6 Maardie godsaligheidsaam met vergenoegdheid is ’n groot wins.

7 Wantons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.

8 Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.

9 Maardie wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laatwegsink in verderf en ondergang.

10 Wantdie geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

11 Maar jy,man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

12 Stry die goeie stryd van die geloof,gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.

13 Ek gebied jouvoor die aangesig van Godwat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesuswat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het,

14 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaartot by die verskyning van onse Here Jesus Christus

15 watop sy eie tyd vertoon sal word deurdie salige en enigste Heerser,die Koning van die konings en Here van die here,

16 wat alleen onsterflikheid besit en ’n ontoeganklike lig bewoon,wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.

17 Beveel die rykesin die teenwoordige wêreldom nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;

18 dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,

19 en vir hulle ’n skat weglê, ’n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulledie ewige lewe kan verwerf.

20 oTimótheüs, bewaarjou pand en vermy dieonheilige, onsinnige praatjies enteëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis,

21 waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op ’n dwaalweg geraak het. Mag die genade met jou wees! Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × 2 =