PSALMS 20

Gebed vir die koning as hy optrek in die stryd.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Mag dieHereu verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!

3 Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteunuit Sion!

4 Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.

5 Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!

6 Ons wil juig oor u oorwinning endie vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag dieHereal u begeertes vervul!

7 Nou weet ek dat dieHeresy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.

8 Sommigeroemop strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van dieHereonse God.

9 Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.

10 Here, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!

PSALMS 21

Danksegging vir die oorwinning.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 oHere, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

3 U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.

4 Want Ukom hom tegemoet met seëninge van die goeie;op sy hoof sit U ’n kroon van fyn goud.

5 Die lewe het hy van U begeer;U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.

6 Groot is sy eer deur u hulp;majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

7 Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

8 Want die koning vertrou op dieHere, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

9 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

10 U sal hulle maaksoos ’n vurige oond as U verskyn; dieHeresal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

11 U salhulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

12 Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het ’n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

13 Want U sal hulle dwing om te vlug;met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.

14 Verhef U,Here, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!

PSALMS 22

My God, waarom het U my verlaat?

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Die hert van die dageraad.” ’n Psalm van Dawid.

2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp,vandie woorde vanmy gebrul?

3 My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.

4 Tog is U die Heilige wat woon onder dielofsange van Israel!

5 Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.

6 Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.

7 Maar ek is’n wurm en geen man nie, ’n smaad van die mense enverag deur die volk.

8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoofen sê:

9 Laat dit aan dieHereoor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!

10 Ja, U is dit watmy uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.

11 Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.

12 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

13 Baie stiere het my omsingel,sterkes van Basan het my omring.

14 Hulle het hul mond teen my oopgespalksoos’n leeu wat verskeur en brul.

15 Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.

16 My krag is verdroog soos ’n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

17 Want honde het my omsingel; ’n bende kwaaddoeners het my omring;hulle het my hande en my voete deurgrawe.

18 Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!

19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

20 Maar U,Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

21 Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.

22 Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!

23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.

24 Julle wat dieHerevrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!

25 Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.

26 Van U kom my lof in ’n groot vergadering;ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.

27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal dieHereprys wat na Hom soek;mag julle hart vir ewig lewe!

28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot dieHerebekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.

29 Want die koninkryk behoort aan dieHere, en Hy heers oor die nasies.

30 Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.

31 ’n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van dieHereaan dievolgendegeslag.

32 Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondigaan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.

PSALMS 23

Die Here is my herder.

1 ’nPSALM van Dawid.

# DieHereismy herder; niks sal my ontbreek nie.

2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is,lei Hy my heen.

3 Hy verkwik my siel;Hy lei my in die spore van geregtigheid,om sy Naam ontwil.

4 Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; mybeker loop oor.

6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van dieHerebly in lengte van dae.

PSALMS 24

Hef op julle hoofde, o poorte!

1 ’nPSALM van Dawid.

# Die aarde behoort aan dieHereen die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;

2 want Hý het dit gegrondop die seë en dit vasgestel op die strome.

3 Wie mag klim op die berg van dieHere? En wie mag staan in syheilige plek?

4 Hy watrein van hande ensuiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

5 Hy sal seën wegdra van dieHereen geregtigheid vandie God van sy heil.

6 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek —dit isJakob. Sela.

7 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

8 Wie is tog die Erekoning? DieHere, sterk en geweldig, dieHeregeweldig in die stryd.

9 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

10 Wie is dan tog die Erekoning? DieHerevan die leërskare — Hy is die Erekoning! Sela.

PSALMS 25

Vergewing en bewaring.

1 ’nPSALMvan Dawid.

# Alef.Tot U, oHere,hef ek my siel op.

2 Bet.My God,op U vertrou ek;laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.

3 Gimel.Ja,almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.

4 Dalet.Here,maak my u weë bekend; leer my u paaie.

5 He.Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.

6 Sajin.Dink,Here, aan u barmhartigheid enu goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.

7 Get.Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, oHere!

8 Tet.DieHereis goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.

9 Jod.Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.

10 Kaf.Al die paaie van dieHereis goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.

11 Lamed.Om u Naam ontwil,Here, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot.

12 Mem.Wie tog is die man wat dieHerevrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.

13 Noen.Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.

14 Samek.Die verborgenheid van dieHereis vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulleditbekend te maak.

15 Ajin.My oë is altyddeur op dieHere, want Hý sal my voete uitdie net uitlei.

16 Pe.Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.

17 Sade.Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.

18 Resj.Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.

19 Resj.Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met ’n gewelddadige haat.

20 Sjin.Bewaar my siel en red my;laat my nie beskaamd staan nie,want by U skuil ek.

21 Tau.Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.

22 oGod,verlos Israel uit al sy benoudhede!

PSALMS 26

Dink aan my opregtheid!

1 ’nPSALMvan Dawid.

# Doen aan my reg, oHere, want ék wandel in my opregtheid envertrou op dieHeresonder om te wankel.

2 Toets my,Here, en beproef my, keur my niere en my hart;

3 want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.

4 Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.

5 Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.

6 Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, oHere,

7 om die stem van lof te laat hoor en om al uwonders te vertel.

8 Here, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.

9 Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,

10 in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.

11 Maar ék wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.

12 My voet staan op gelyk grond;ek sal dieHereloof in die vergaderings.

PSALMS 27

Die Here my lig en my heil!

1 ’nPSALMvan Dawid.

# DieHereismy lig enmy heil: vir wie sou ek vrees? DieHereis die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?

2 As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet — my teëstanders en my vyande, ja, myne — struikel hulle self en val.

3 Al word ’n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ’n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.

4 Een ding het ek van dieHerebegeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van dieHere, om dielieflikheid van dieHerete aanskou en te ondersoek in sy tempel.

5 Want Hysteek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ’n rots.

6 En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam mettrompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van dieHere.

7 Hoor, oHere, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.

8 Van U sê my hart:Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, oHere!

9 Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie,o God van my heil!

10 Want my vader enmy moeder het my verlaat, maar dieHeresal my aanneem.

11 Here,leer my u weg en lei my op ’n gelyk pad, vanweë my vyande.

12 Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, wantvalse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas.

13 o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van dieHeresal sienin die land van die lewendes nie …

14 Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op dieHere!

PSALMS 28

Gebed om verlossing.

1 ’nPSALMvan Dawid.

# Ek roep U aan, oHere!My rots,draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg,word soosdie wat in die kuil neerdaal nie.

2 Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef nadie binneste van u heiligdom.

3 Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.

4 Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.

5 Omdat hulle nie let op die dade van dieHereof op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.

6 Geloofd sy dieHere, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.

7 DieHereis my sterkte en myskild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.

8 DieHereis ’n sterkte vir hulle, en Hy is ’n vesting van verlossing vir sy gesalfde.

9 Verlos u volk en seënu erfdeel, en wees vir hulle ’n herder en dra hulle tot in ewigheid.

PSALMS 29

’n Onweerspsalm.

1 ’nPSALM van Dawid.

Gee aan dieHere, o hemelinge, gee aan dieHereeer en sterkte!

2 Gee aan dieHeredie eer van sy Naam; aanbid dieHereinheilige sieraad!

3 Die stem van dieHereis op die waters, die God van eer donder; dieHereis op die groot waters.

4 Die stem van dieHereis met krag; die stem van dieHereis met heerlikheid.

5 Die stem van dieHerebreek seders; ja, dieHereverbreek die seders van die Líbanon;

6 en Hy laat hulleopspring soos ’n kalf, die Líbanon enSirjon soos ’n jong buffel.

7 Die stem van dieHereslaan daar vuurvlamme uit.

8 Die stem van dieHerelaat die woestyn bewe; dieHerelaat die woestyn van Kades bewe.

9 Die stem van dieHerelaat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!

10 DieHerehet gesit oor die Watervloed; ja, dieHeresit as Koning tot in ewigheid.

11 DieHeresal sy volk sterkte gee, dieHeresal sy volk seën met vrede.