PSALMS 22

My God, waarom het U my verlaat?

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Die hert van die dageraad.” ’n Psalm van Dawid.

2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp,vandie woorde vanmy gebrul?

3 My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.

4 Tog is U die Heilige wat woon onder dielofsange van Israel!

5 Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.

6 Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.

7 Maar ek is’n wurm en geen man nie, ’n smaad van die mense enverag deur die volk.

8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoofen sê:

9 Laat dit aan dieHereoor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!

10 Ja, U is dit watmy uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.

11 Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.

12 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

13 Baie stiere het my omsingel,sterkes van Basan het my omring.

14 Hulle het hul mond teen my oopgespalksoos’n leeu wat verskeur en brul.

15 Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.

16 My krag is verdroog soos ’n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

17 Want honde het my omsingel; ’n bende kwaaddoeners het my omring;hulle het my hande en my voete deurgrawe.

18 Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!

19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

20 Maar U,Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

21 Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.

22 Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!

23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.

24 Julle wat dieHerevrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!

25 Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.

26 Van U kom my lof in ’n groot vergadering;ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.

27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal dieHereprys wat na Hom soek;mag julle hart vir ewig lewe!

28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot dieHerebekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.

29 Want die koninkryk behoort aan dieHere, en Hy heers oor die nasies.

30 Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.

31 ’n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van dieHereaan dievolgendegeslag.

32 Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondigaan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − 9 =