PSALMS 20

Gebed vir die koning as hy optrek in die stryd.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Mag dieHereu verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!

3 Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteunuit Sion!

4 Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.

5 Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!

6 Ons wil juig oor u oorwinning endie vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag dieHereal u begeertes vervul!

7 Nou weet ek dat dieHeresy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.

8 Sommigeroemop strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van dieHereonse God.

9 Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.

10 Here, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen − 4 =