PSALMS 23

Die Here is my herder.

1 ’nPSALM van Dawid.

# DieHereismy herder; niks sal my ontbreek nie.

2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is,lei Hy my heen.

3 Hy verkwik my siel;Hy lei my in die spore van geregtigheid,om sy Naam ontwil.

4 Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; mybeker loop oor.

6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van dieHerebly in lengte van dae.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

10 − 7 =