PSALMS 24

Hef op julle hoofde, o poorte!

1 ’nPSALM van Dawid.

# Die aarde behoort aan dieHereen die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;

2 want Hý het dit gegrondop die seë en dit vasgestel op die strome.

3 Wie mag klim op die berg van dieHere? En wie mag staan in syheilige plek?

4 Hy watrein van hande ensuiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

5 Hy sal seën wegdra van dieHereen geregtigheid vandie God van sy heil.

6 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek —dit isJakob. Sela.

7 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

8 Wie is tog die Erekoning? DieHere, sterk en geweldig, dieHeregeweldig in die stryd.

9 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

10 Wie is dan tog die Erekoning? DieHerevan die leërskare — Hy is die Erekoning! Sela.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × two =